Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Dis iets besonders as die dam oorloop, maar selfs andersins is dit mooi. 'n Mens kan oor die wal ry of stap wat die uitsig beter maak as by die meeste damme."
"Gawe plek. Ons bid saam met hulle vir nog baie reën ten einde die natuur te help om ten volle te herstel!"
"Pragtige, stil kleindorpie admosfeer met mooi uitsig veral vanaf Get More oor die dam."
"Hierdie is 'n ongelooflike plek vir toerisme en daarom moet elke geleentheid aangegryp word om mense se ervaring positief te maak!"
"Fantastiese museum, vriendelikste mense met harte van goud en heerlike plaaskos. Die moeite werd om te oornag. "
"Kookkursusse by The Real Food Company die moeite werd. Die Gin Bar ook 'n besoek werd. Die spookstoriewandeling was ook interessant. Guy se melkstal vir kase en joghurt. Museum vir self gestookte witblits."
"Pragtige Karoo dorpie wat goed geleë is vir een nag se oorslaap. Indien mens die boekefees wil bywoon kan mens dalk langer oorbly. Daar is 'n perdemuseum wat een van twee in die wêreld is en dit is die moeite werd om te besoek."
"As jy 'n Karookind soos ek is, het die Karoo 'n anderse besonderse mooi. Seker nie 'n toerismebestemming nie, maar die mooi lê in die sterre, oop lug en vlaktes."
"Daar was padwerke in die dorp wat dit bietjie moeilik gemaak het om rond te beweeg, maar ek glo as dit klaar is sal dit baie beter wees."
"Ons was te kort in Carnarrvon om 'n regverdige opinie uit te spreek, maar die dorp en omgewing lyk pragtig."