Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Ons het vir die eerste keer na die Vallei van Verlatenheid gegaan. Dis 'n wonderlike ervaring! Wie sou kon raai hierdie klipformasies staan net om die draai van die fraai dorpie!"
"Baie goeie toeristebestemming. Onthou om kontant saam te vat - geen OTM, kaart fasiliteite en vulstasie. Soveel meer as net die Uil Huis - kyk gerus na Nieu-Bethesda info. Laat voldoende tyd toe."
"Baie beslis 'n besoek werd met al die gasteplase in 'n pragtige omgewing. Pas ook Klaarstroom en De Rust in by enige reisprogram want langs die pad daarheen wag daar verrassings."
"Jammer die Williston "Mall" was reeds toe maar 'n baie interessante bemarkingsidee."
"Op die oog af is daar nie veel om te sien nie maar die Vallei van verlatentheid is die mooiste wat ek al ooit gesien het en die kos was tops by Pioneers."
"Pragtige dam. Lekker restaurante en baie geskiedenis in die Norvalspont dorpie en area. Jammer dit is so droog daar, want die dam is nogal leeg. Bootritte op die dam ook baie lekker uit 'n vorige ondervinding."
"'n Interessante plekkie. Klein en baie warm! Probeer Herrie's braai restaurant en takeaways vir goeie kos teen billike pryse."
"Weg uit die stad uit met mense wat nog groet en vriendelik is, wat nog hulle hoed afhaal en respek het, baie lekker om te weet dat daar nog sulke mense is. "
"Weg uit die stad uit met mense wat nog groet en vriendelik is wat nog hulle hoede afhaal en respek het. Baie lekker om te weet dat daar nog sulke mense is."
"Die oord het bietjie agteruit gegaan sedert ons laas daar was, maar nie so drasties soos die dorpie self nie. Ons sou graag wou sien dat die boonste dorpswembad weer is soos jare terug. Dis baie hartseer om 'n dorp waar soveel kinderherinneringe opgebou is net so verniel kan word."
"Hier is baie om te beleef. 'n Mens sou maklik 3 of meer volle dae hier kon bly om die dorp en sy omgewing te verken. Ons het veral die Vallei van Verlatenheid en die Kamdeboo park geniet. Nieu Bethesda was ook mooi om te sien. Reinett Huis is interessant maar ons sou meer van die geskiedenis van een van Graaff-Reinet se bekendste inwoners - Dr. Andrew Murray - wou sien. 'n Besoek aan die Te Water House (antieke handelaar) is beslis die moeite werd. Die eienares het ons allerhande staaltjies oor die dorp vertel."
"Dit was 'n plesier om hier te oornag. Daar was ooglopend baie aandag gegee om besoekers welkom te laat voel. Ons beveel hierdie akkommodasie met vrymoedigheid aan enige reisigers. Dit was net 'n plesier."
"Britstown self is nou nie vir my 'n toeristebestemming nie, maar Sweetfontein wel."
"Dis 'n sjarmante skoon dorp met talle historiese besienswaardigede en natuurskoon. Oulike winkeltjies en puik restaurante."