Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Richmond verdien om meer toeriste te kry. Oulike dorpie wat verken kan word."
"Good place to unwind from city pressure and sooth ones soul. Beautiful garden and environment. "
"Was nog altyd net goed as oornag plek. Sal nie weer gebruik nie en liewer ander dorp gebruik, of deur ry na bestemming, aangesien al die pryse in Colesberg gelaai is omdat hy aan N1 grens."
"Ek glo nie Richmond sal ooit 'n groot toeristebestemming wees nie, maar dit is 'n goeie stop na 'n lang reis."
"Dit sal help as reisagente en/of die gastehuise inligting beskikbaar het oor wat waar gekoop kan word, apteke, dokters ens."
"The best tourist attraction: Swartberg pass is currently closed so access to Die Hel is not possible. Food at the Hotel of the highest quality."
"Aangesien dit 'n historiese dorpie is kan tyd beplan word om dag of twee oor te bly vir besigting van besienswaardighede."
"Gariepdam is gerieflik in die middel en redelik naby aan die snelweg. Alhoewel daar min geriewe beskikbaar is veral later deur die dag moet reisigers kennis dra daarvan en ander reëlings tref as hul moet voorsiening maak vir aandete of selfs ontbyt die volgende oggend way betref restaurante en winkels. Sal weer daar aandoen, maar eerder duurder betaal en beter en nuwer geriewe bespreek as by Rooibekkie."
"Verrassende omgewing met wat dit alles bied . Pragtige besienswaardighede en ongelooflike mooi historiese geboue om te sien."
"Die diens van sekere kafees in die hoofstraat laat veel te wense oor. Diens in die Karoo Park is uitstekend."
"Die dam self was 'leeg' gewees en die omliggende area was verlate. Ons het een dag gegaan na die Forever Resort in Gariep, en was die enigste gaste in die resort. Dit het gelyk soos 'n spookdorp. Ons het gewag vir die zombies om hulle verskyning te maak. Nie seker of dit was omdat dit buite vakansie seisoen was, dat dit so stil was nie. Die tennisbane, putt-putt en ander aktiwiteit-gronde was verwaarloos."
"Fantastiese dorpie. Bietjie min winkels. Maar dis die regte plek as jy net wil gaan rus. Sal graag weer wil gaan kuier."
"Gannabos is in die distrik van Venterstad. Dit bied rustigheid en 'n gevoel dat sake goed bestuur word."