Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Ek het nog familie in Beaufort-Wes, maar die plek het baie verander, die geboue word baie nalatig behandel. Beaufort-Wes was 'n baie mooi dorp, dit kan weer wees as mense saamwerk."
"Die pad is wel deels grondpad, maar was in 'n goeie toestand. Geen probleem vir ons SUV nie."
"Fantastiese, vriendelike mense en oulike plekkies om te kuier of lekker te eet."
"Mooi dorp met lekker wye strate. Daar is ook 'n verskeidenheid van oulike restaurante. Ons was by Our Yard en Hello You en was baie beïndruk met beide."
"Reisigers moet beslis deur Meiringspoort reis en De Rust besoek. Dis pragtig! Daar's so baie besienswaardighede, gasvrye inwoners en lekker eetplekkies."
"Mooi dorpie met lieflike besienswaardighede. Die kos- en eetplekke is puik en die mense is vriendelik. Colesberg sal ons weer sien!"
"Die Karoo het 'n skoonheid uniek aan die omgewing. Jy kan regtig net weer jou voete vind en ontspan. Jy moet probeer langer bly. Dit is so 'n skatkis van ontdekkings uit die natuur en die mense se harte, juwele."
"Depends on your interests, but if you want to explore some history and visit the Valley of Desolation then Graaff-Reinet is a good place to stay for a day or two."
"Mokala Natuurreservaat is letterlik om die hoek en die moeite werd om te besoek."
"Pragtig verby. As jy naby die natuur wil wees, is dit beslis die plek waar jy behoort te wees."
"Inni Kraal Restaurant was voorwaar 'n heerlike plek met fantastiese kos en vriendelike staff!"
"Klein dorpie, vriendelike mense, oulike padstalrestaurante. Nie veel op so 'n klein plekkie vir jongmense nie."
"Jy kan of stap of 'n perdekartoer om en deur die dorp vat terwyl jy met interessante geskiedenisinligting gevoer word. Die dorpie is pragtig skoon."
"Graaff Reinet sollte auf keiner Südafrika Reise fehlen. Die grosse Karoo muss man erlebt haben."
"Pragtige, rustige, skoon dorp. Mense baie vriendelik. Nostalgiese mooi argitektuur en alles wat mens benodig is vir 'n lekker lang verblyf."