Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"So rustige dorpie in die middel van die lang pad Kaap toe. Sal altyd daar bly van nou af."
"Sal graag meer wil weet van toersime-besienswaardighede daar. Dit was opmerklik hoe skoon die dorp is."
"Ons sal in die toekoms eerder deur die dorp ry en op 'n plaasbestemming gaan slaap. Dit is maar net 'n besige, plattelandse dorp."
"Pragtige ou dorpie met besonderse gawe mense. Die pizzas by Luigi's Restaurant is 'n moet om te beleef - heeltemal anders as die gewone franchise pizzas van Gauteng."
"Plenty of places to stay and eat. Main attraction of Owl House was disappointing, it has not been well-maintained, lots of weeds. Also too much art from other people (takes away from Helen Martin's art)."
"Die oulikste dorpie wat ek in 'n lang tyd besoek het. Ek sal môre daarheen verhuis as ek die geleentheid kry. Daar is meer as genoeg vir besoekers om te doen. 'n Besoek aan Gay’s Guernsey Dairy en 'n ete by Karoo Kombuis moet op almal se lysie wees."
"Die Camdebo natuurreservaat is uniek en 'n moet vir besoekers. Die ou geboue van Graaff-Reinet is bekoorlik en die restaurante en museums uitstekend."
"Goed om daar te oornag. As jy nie watersport doen nie is jou aktiwiteite beperk."
"Ry straat op en straat af om die mooiste en interessanste huis-argitektuur te sien, party meer as honderd jaar oud en pragtig gerestoureer, asook nuwe argitek-ontwerpte huise. Die Fransie Pienaar Museum is beslis 'n besoek werd. Ook die NG kerkorrel en preekstoel en die uitstaande kunsgallerye. Die strate is skoon en bouginvilleas, spekbome en vetplanttuine is oral te sien."