Verified Reviews
Kathu
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Kathu
Rated 3.8 out of 5 based on 134 reviews.
"'n Aangename dorp, net een vulstasie. Mooi en netjiese paaie en sirkels. Ons sien gou weer. "
"Baie rustige dorpie met vriendelike en behulpsame mense. Sal weer teruggaan."
"Ons was regtig beïndruk met Kathu. Skoon en netjies. Ek sal nie omgee om daar te gaan bly nie. Well done Kathu!"
"Ek was 2 weke daar vir werk en het 'n stuk van my hart daar gelos, en gaan beslis nog baie soontoe gaan in die toekoms. Die Country Club en die mense in Kathu is tops."
"Ek sal sê dit is meer vir besigheidsmense en paartjies wat een aand se romantiese wegbreek soek."
"Vir gholf - pragtige baan, maar gradering as 13de beste baan in SA na my mening nie korrek nie"
"Kathu was tien of wat jare gelede 'n aangename, stil dorpie. Die uitbreidings as gevolg van die mynbou-ontploffing die afgelope amper tien jaar het dit vir my bederf."
"Kathu is 'n besige dorp. Die pad tussen Kathu en Kuruman is baie besig. Kathu Lodge is in 'n lekker, stil deel van Kathu met geen lawaai."
"Van die netjiestes wat besoek is of deurgery het tydens reis. Bediening by beide eetplekke baie vriendelik en vinnig."
"Kathu only has the country club. Otherwise I would consider Kathu a stop over town and no an actual destination."
"Was pleasantly surprised. Kathu is modern and very clean. Looking forward to playing golf there."
"I was surprised to find very few traffic lights in Kathu. Most intersections only have roundabouts. Plenty of speed humps to calm traffic, some of these are not painted properly with road markings and can surprise you as you approach."
"Die dorpie het ons nogal verras. Ons het net 'n oornag-bespreking gehad, maar van wat ons kon sien is die dorpie veilig, skoon en het basies almal groen tuine."
"Kathu is ’n pragtige dorp wat baie skoon is, dit was ’n plesier om in Kathu te stop."
"Die motorbestuurders is uiters onbedagsaam en ongeduldig. Dit is duidelik dat hier geen wetstoepassing plaasvind nie. Die verbypad is ook al vir die beste deel van twee jaar onder konstruksie wat groot frustrasie en vertragings meebring. Ek sal moeite doen om elders oor te slaap as ek weer in daardie rigting reis."