Verified Reviews
Keimoes
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Keimoes
Rated 4.2 out of 5 based on 221 reviews.
"Pragtige ou dorpie, net jammer van die rommel, plastieksakkies ens. wat ons maar oral in ons mooi land sien."
"Onthou die Augrabies Watervalle, Kakamas, Riemvasmaak is nie ver vanaf Keimoes nie."
"Moenie van KalahariVleishuis se Flip se Rib vergeet nie.Ook vriendelike ontvangs daar. Oranjerivier Wynkelder se ontvangs dame kon miskien bietjie meer behulpsaam gewees het. Ook meer entoesiasties."
"Die padstal is a must visit. It is a very quaint town. With a nice farm-style feel. Orange river wineries. Riemvasmaak is close by and a must visit. Augrabies falls is a must stop!"
"Vir my is Keimoes 'n rustige bestemming en die middelpunt van verskeie besoeke in alle rigtings."
"Keimoes is sentraal geleë vir mense wat dieselfde doel as ons gehad het. Die mense is baie vriendelik en behulpsaam. (Het die aand voor ons vertrek motorprobleme gehad wat vroeg die oggend van vertrek op 'n baie vriendelike en behulpsame manier uitgesorteer was. Ons reis terug is toe net met 3,5 uur vertraag en teen 'n baie billike prys.)"
"Ja, daar is baie besienswaardighede, soos die Oranjerivier Kelders met heerlike wyn wat jy eers kan proe voor jy koop, en Kanoneiland met al sy wingerde nie ver daarvandaan nie, en natuurlik die waterwiel wat steeds draai. Pragtige omgewing met talle stalletjies met produkte van die omgewing soos dadels, rosyne, alle droë vrugte, ens."
"Keimoes is 'n lekker klein, rustige dorpie met vriendelike mense. Die perfekte plek om van die stad se geraas af weg te breek. "
"Keimoes/Kakamas is pragtig en ons het die mense se vriendelikheid baie waardeer. Lekker wyn, vrugte ens."
"Keimoes is 'n mooi klein dorpie veral met sonsondergang oor die Oranjerivier. "
"Mooi skoon dorpie en lekker om daar rond te ry. Sou graag meer tyd daar wou bestee."