Verified Reviews
Klein Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Klein Karoo
Rated 4.6 out of 5 based on 2950 reviews.
"Ons kuier gereeld in Oudtshoorn. Dit is klein genoeg om rustig te wees, maar jy kan nog steeds alles wat jy nodig het daar kry. Dit is vir ons altyd 'n wenner!"
"Ry rustig en stop oral - alles die moeite werd, want daar is soveel opwinding in die Klein-Karoo."
"Daar is baie oulike dorpies, winkeltjies en restaurante om te ontspan by en so bietjie rond te snoep. Daar is lekker 4x4-roetes ook. Jy kry daardie klein dorpie gevoel! Almal is vriendelik en groet jou in die straatjies."
"'n Gebied met baie goeie verrassings, vriendelike mense, netjiese omgewing en hope inisiatief."
"Die kos was lekker, mense vriendelik en sal my vriende en families enige tyd na Oudshoorn neem."
"Dit was my eerste keer in Oudsthoorn en toe met die KKNK en wat 'n wonderlike plek vir die groot saamtrek. Almal is gasvry, maak nie saak by watter winkel jy is nie - al is dit die Pick en Pay. Almal is behulpsaam en die dorp het beautiful gelyk met al die gehekelde lappies wat orals hang. Ons het heerlik geëet by Smitswinkel, die Abattoir besoek en ook 'n draai gemaak by Wandelpad en Karusa - alles wonderlike bestemmings."
"De Rust is 'n pragtige klein dorpie. Ons kan sien dat die dorp in die afgelope jaar opgradering ondergaan het!"
"It has beautiful mountain views all around it, the dry Karoo climate is healthy, there are some lovely things to explore from here: De Rust, Meiringspoort and its waterfall, Calitzdorp, Buffelsdrift, Surval - and the KKNK is highly recommended."
"Ons is ongelukkig vroeg uit en laat in. Kon dus nie veel van die dorp geniet of besoek nie."