Verified Reviews
Klein Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Klein Karoo
Rated 4.6 out of 5 based on 2950 reviews.
"Ons is by al die besienswaardighede baie vriendelik en professioneel behandel. Die gidse by Kangogrotte, Cango Wild Live Ranch (Ed) en High Gate Volstruis plaas was uitstekend. So lank KKNK deel van Oudtshoorn bly sal ek die dorp gereeld besoek. Die KKNK was soos gewoonlik uitstekend. "
"De Rust se gasvryheid is alom bekend. Stop, staan oor, beleef, loop van die een interessante plek na die volgende en jy sal die kultuur van De Rust saam met jou neem. Dankie De Rust en die inwoners vir julle vriendelikheid en gasvryheid."
"Lieflike plekkie in die hart van die Karoo. Die KKNK is 'n goot aantreking vir die dorp."
"Al die besighede was beskikbaar en het al die voorraad gehad wat ons benodig het. Dankie vir 'n wonderlike vakansie! Ons sien weer."
"Dit is 'n pragtige dorp met baie geskiedenis, en die moeite werd om te besoek."
"Oudtshoorn het met die jare agteruit gegaan. Die strate is in 'n swak toestand. "
"Oudtshoorn is 'n wonderlike plekkie en die mense is die vriendlikheid van self. Die mense het ons so deel van die gemeenskap laat voel. "
"Vir die besoeker - baie om te doen, sien en heerlike restaurante met 'n verskeidenheid van disse wat voorgesit word."
"Lieflik! Die kerk is fantasties! Die Kangogrotte was so 'n spesiale ervaring vir ons tieners! Wens ons kon langer bly!"