Verified Reviews
Kleinmond
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Kleinmond
Rated 4.7 out of 5 based on 617 reviews.
"Kleinmond offers some very well sign-posted and maintained walking paths and hikes on the mountains around and above the village. This was a pleasant surprise for us. Two tidal pools that we discovered while walking along the beach path/shoreline has given us even more reason to return once Corona is over and lockdown is lifted."
"Dis die wonderlikste dorp en mense. Skoon en pragtig. Strand ook wonderlik met min wind."
"Mooi strand. Wind bietjie gewaai hierdie keer, maar is 'n baie lekker plek as jy hou van visvang, hikes, die strand, kreef uithaal, ens."
"Kleinmond is 'n baie stil klein dorpie en met die strande wat tydens die inperking gesluit was, was daar nie veel om te doen nie. Bettysbaai en Hermanus is egter baie naby en bied meer in die lyn van restaurante en plekke om te besoek."
"'n Skoon, klein dorpie met alles wat jy nodig het en baie vriendelikke mense. As jy wil wegkom van geraas en net rustigheid soek, is dié beslis die plek om te besoek."
"Ons is mal oor Kleinmond, so uniek tussen berg en see. Die dorp is veilig, skoon en ’n droom om in rond te dwaal. Wonderlike skoon strande en lekker staproetes in die berg, vir dié wat meer fiks is."
"Ons het hier kom aftree, so ek kan Kleinmond beslis aanbeveel. Die dorp het alles wat jy nodig het."
"Quaint and beautiful, I want to bring all my friends and family back to explore."
"Kleinmond bly ons as gesin se ideale vakansieplek. Heerlike weer en netjiese skoon strande. Die hawe bly 'n gunsteling-attraksie met heerlike besigtigingsplekke. A big thumps up for Kleinmond en Xanske's Place!"
"Lekker vakansiedorp, met baie aktiwiteite. In die aande word die strate opgerol en gebêre by die petrolstasie en straatlampe word doodgeblaas."
"Goeie SPAR winkel. Boekwinkel (Oupa se Boekwinkel) langs die slaghuis is aan te bevele. Volop plek om te stap. Asemrowende plantegroei."