Verified Reviews
Kleinmond
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Kleinmond
Rated 4.7 out of 5 based on 617 reviews.
"Hou baie van die rustigheid alles is so mooi skoon en netjies. Kleinmond is waarlik 'n pragtige plek en ideaal vir 'n wegbreek uit die stad."
"Baie om te doen in natuur. Nie dieselfde kwaliteit restaurante as Hermanus, maar die dorpie is sommer naby. Hemel en Aarde Vallei is 'n moet. So ook Harold Porter natuurtuin en pikkewyne. Die plaaslike Spar is fantasties en daar is uitstekende groente en vrugtestal oorkant die pad. Baie beter waarde as Hermanus in terme van akkommodasie. Die dekor en kunswinkeltjies, en tweedehandse boekwinkels in Harbour Road is regtig 'n besoek werd."
"Die mooiste dorpie ooit en dierbare mense! Sou net graag nog restaurant opsies wou gehad het. Ons het so 19:30 by die dorp aangekom en slegs een plekkie was oop."
"Heerlike stil dorpie met pragtige strand- en stapgeriewe langs die blou-blou see."
"Asemrowende kusdorpie weg van die warboel in die stad waar mens heerlik kan rus. Groot verskeidenheid van aktiwiteite in en rondom Kleinmond vir diegene wat nie stil kan sit nie."
"Ons was in 'n straat waar daar 'n paar gallerye, restaurante en ook winkels was. Ons het daar rond gestap en dit was "very nice". Ons het toe daar by Fishermans Take-Aways iets gaan eet en die vis was vars en heerlik!"
"Mooi oop strand, interessante plekkies in Harbour road en die berg maak dit die moeite werd om te besoek."
"Baie mooi dorpie teen 'n pragtige kus. Baie vriendelike en aangename inwoners. Tennis-, rolbaan- en jukskeibane. Baie baby aan ander kusdorpies."
"Heerlik rustig met uitstekende restaurante, interessante winkeltjies en pragtige wandelroetes!"
"Kleinmond is 'n tipiese kusdorpie en vir ons (ouer mense) was dit voldoende,maar vir die jonger geslag was dit soms bietjie vervelig. Ek sou dit nie wil verander nie, want dan verander 'n mens die karakter van die dorpie."
"At least there must be big shops or restaurants like Wimpy and shops like Shoprite and Pick n Pay."
"Veilig om in die oggend te draf. Die strate was still genoeg vir my tiener om te leer bestuur."
"Kleinmond is 'n oulike vakansie-dorp met 'n pragtige natuurgebied en stappaadjies tussen die rotse en fynbos. 'n Besoek aan die hawe-gebied en oulike winkeltjies is ook die moeite werd. Kabeljoes, 'n seekos-restaurant by die hawe, is beslis 'n besoek werd."