Verified Reviews
Knysna
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Knysna
Rated 4.7 out of 5 based on 1335 reviews.
"Ons verblyf was skoon en netjies en huisie was goed toegerus, maar ons sal nie weer daar gaan bly, bloot oor die geraas van bure en die houtvloere en dun mure. Klein balkon weg van jou huisie waar jy kan sit en braaigeriewe ook nie na wense nie."
"Baie toeganklik vir vakansiegangers! Beslis 'n goeie keuse as 'n vakansiebestemming!"
"Die personeel in restaurante en winkels is baie ongeduldig en onvriendelik (nie met my nie, maar was interessant om dit waar te neem oral om ons). Die paaie is haglik. Die natuurskoon is onbeskryflik asemrowend en Knysna is beslis 'n besoek werd."
"Knysna is duidelik besig om te herstel na die verwoestende brande verlede jaar. Dis verskriklik om tussen die nuwe groei deur die swart gebrande dele van die woude te sien. Eweneens om die huise te sien wat totaal vernietig is, asook die wat weer in aanbou is. Die Muse, was een van ons hoogtepunte daar, wonderlike kos en atmosfeer. "
"Must visit venue definitely, cannot be compared to any local venue in the country."
"Die eetplekke is baie duur en jou nie regtig van toeriste nie. Ons het oral gesukkel met diens. "
"Dit is 'n klein stukkie paradys met gerieflike verblyf en loopafstand van topklas restaurante."
"Baie om te doen, maar ruk 'n mens se sak vreeslik. Vir 'n gesin van 3 om net voëls of apies te gaan kyk kos amper R600. Restaurante het heerlike kos en vermaak."
"Thesen Island is perfek as jy net wil afpak en rus. Jy hoef nêrens heen te ry en kan loop na die restaurante en winkels."
"Bly maar een van ons gunsteling vakansieplekke en so baie om te sien en te verken."
"Die mense in Knysna is saamgesnoer deur die brande verlede jaar en baie slegte herinneringe is vir ons vertel maar meer nog die goeie dinge wat daardeur gebeur en plaas gevind het rondom hul ondervindinge. Hulel vertel almal net van die gemeenskap wat so saam gestaan het en hulp wat van orals oor ingestroom het."
"Always a great place to visit, but traffic control is definitely an issue during the festival period."
"Eerste besoek aan Knysna en dit is 'n bestemming wat almal op hulle bucket list moet sit. Die uitkykpunte by The Hills is asemrowend. Gesellige kuierplekke en dit voel of almal mekaar ken. Gasvry."