Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by TravelGround customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 13625 reviews.
"Die ontwikkelings het van die oorspronklike natuurskoonheid van die area skade aangedoen, alhoewel dit nog steeds mooi is. Die strand self is nou baie eng en met rommel bestrooi. Die Spar bied goeie diens aan, die restaurante is taamlik duur."
"Ideale strand vir gesinne met veral klein kinders. Die rotsrif maak dat dit 'n veilige swemstrand is. Naby Durban en Ballito."
"Baie vriendelike personeel. 'n Lekker vakansie vir die hele gesin oud en jonk."
"Sekuriteit is maar 'n probleem in hierdie deel klink dit my alhoewel ons besonder gelukkig was en geen voorval ondervind het nie."
"Dis 'n lekker plek. Daar is 'n pragtige waterval en dan ook nog die Midmardam. Uitsig is besonders mooi. "
"Verblyf naby winkelsentrums en nie te besig nie. Voel soos ons plekkie by die see."
"Ramsgate is 'n lekker gemeenskap met vriendelike mense en baie eetplekkies en winkels by mekaar. Die hoofstrand is bietjie besig vir my, maar die strand by die ski-boot klub 'n entjie verder is lekker rustig en is toegerus met lewensredders, 'n klein winkeltjie/restaurant en baie parkeerplek. "
"Lekkerste rustige strand. Mooiste rotse. Alles wat jy soek is binne loopafstand. Great plek."
St Lucia Estuary, KwaZulu-Natal
The Bridge 19 Self-catering"Lekker bestemming met baie om te sien en doen."
Midlands Meander, KwaZulu-Natal
Thistledown Country House"Uitstekende keuse vir wegbreek. Baie verblyf, eet en rondry opsies. Bietjie ver vir naweek as jy in Gauteng bly, maar vir bietjie langer is daar nie baie plekke wat meer bied. "
"Skoonmakers moet beter skoonmaak. Daar was sand op en onder die banke en TV-kas. Kombuis het kosspatsels teen mure, kas en stoof gehad. Potte en panne was half gewas. Kombuiskaste is vrot en badkamer kort 'n nuwe toiletsitplek. Die een wat op is, is vreeslik grillerig. "