Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by TravelGround customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 13625 reviews.
"Altyd vir ons 'n plesier om Amanzimtoti te besoek. As ouer persone geniet ons die lang en skoon strand waar ons heerlik kan stap. Die jonger garde soek natuurlik meer, maar ons is tevrede met wat gebied word."
"Báie beter as Umhlanga of Ballito. Nie so 'n vertrapping van mense nie. Skoon en veilige dorpie. Sal beslis weer daarheen gaan."
"The young lady who serviced the villa during our stay was quiet, unobtrusive, efficient and a real asset to us all. We 'Johannesburgers' (especially) wish that Zimbali wasn't such a drive from Gauteng but we really appreciate having been able to visit the estate for our (special) holiday week."
"Vriendelike mense. Mooiste plantasie, bome en plante. Stil en rustig, skoon en ai, die see is onstuimig."
"Pragtige dorp, goed geleë, by die see en naby groot stede en dorpe, soos byvoorbeeld, Amanzimtoti en Durban. Sal definitief weer en weer Winklespruit wil besoek!"
"Pragtige omgewing, ideaal as basis vir verkenning van die Midlands Meander-roetes met vriendelike mense."
"Although the owners live next door you have your privacy. Very nice people to deal with."
"Ballito a fantastic destination. You must however be prepared to travel a bit. Very convenient for me and my husband and may be for older children. Personally I do not think it is a great swimming beach for small children."
"Dis net jammer die krag was vir 20 ure aaneen af. Dit sal ook lekkerder wees as daar nie meer waterbeperkings is nie."
"Baie skoon strand, lekker vir stap en visvang. Jy kan swem ook, maar dit was 'n bietjie rof met hoogwater. Daar is swempoele as jy daarvan hou."
St Lucia Estuary, KwaZulu-Natal
Luxury Tented Village @ Urban Glamping"Een van die Olifantkus se vakansie-juwele."
"As gevolg van droogte is daar tans geen munisipale water nie. Geskiedkundige plekke is wetenswaardig."
"Die Country Club Golf is beslis 'n moet vir al die gholfspelers. Ons het gaan perdry by Saddle en Trout en het 'n wonderlike avontuur beleef. Die massering by Saddle en Trout is ook 'n moet!"
"Underberg is regtig `n spesiale juweel in ons land en hoop almal kry die geleentheid om die pragtige uitsigte te kan aanskou soon ons dit elke keer sien. Sal beslis weer so maak."
"Altyd 'n baie lekker area om in te bly. Ver genoeg van Durban stad af dat die mal motoriste en hul swak bestuursvernuf met hulle haglike verkeerstoestande jou nie affekteer nie, maar naby genoeg as jy gou-gou sou moes deurgaan soontoe. Ook naby genoeg aan die res van die Suidkus sodat jy nie nóg ure se reis benodig om iewers te kom nie. Die strande is in 'n goeie toestand en die swemstrand is baie lekker om by te swem. Toti is maar 'n uitstekende bestemming vir almal en sal (hopelik) nog so bly vir die toekoms."
"Manaba is sentraal geleë tussen Margate en Uvongo en daarvandaan kan enige bestemming redelik bereik word."
"Always choose the north coast, Umhlanga being the most central with lots to do."