Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by TravelGround customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 13625 reviews.
"Die strand is veilig met lewensredders. Daar is 'n Pick n Pay asook Spar wat inkopies moeiteloos maak. Daar is vulstasies. Alles wat 'n vakansieganger benodig is daar. Baie Afrikaanssprekende mense. Hou van die plek."
"Strande is lieflik! Baie en genoeg winkels en restuarante naby. Verkeer op Marine drive die enigste slegte punt. "
"Nie vreeslik baie om te doen nie, nie 'n plek om elke jaar te besoek nie. Elke vyf jaar sal ok wees. "
"Manaba is 'n baie lekker plek om vakansie te hou, maar ek dink hulle moet aandag skenk aan die houttrappe wat afgaan na die strand. Die laaste trap is te hoog en onder dit is klippe wat dit moeilik maak om op en af te klim. Verder is Manaba 'n heerlike plek met 'n lieflike swembad en winkels op jou voorstoep. "
"Umhlanga het in die 38 jaar wat ons 2 keer per jaar hierheen kom, baie uitgebrei en word amper te besig om 'n vakansieplek te wees, talle woonbuurte het bygekom, maar dit bly 'n pragtige plek met skoon water (TDS van kraanwater gemiddeld 170 terwyl Suidkuswater 'n telling van oor die 300 het), en nog goeie munisipale bestuur te midde van ons landwye munisipale krisisse. Talle plekke aan die Suidkus is besig om te kwyn, huise is in die mark, maar Umhlanga groei met rasse skrede - dit beteken die plek bied aan die mense waarna hulle soek. "
"Die omgewing is pragtig, maar winkels is ver. Vir persone wat vermaak of naglewe soek, kan dit stil wees. Wonderlik vir familiekuiers en ontspan in die natuur."
"Dis 'n lekker plek om vir 'n naweek by te ontspan. Baie in die omgewing om te doen en sien."
"Mooi en goeie swemstrand. Lewensredders altyd aktief en waaksaam. Litchiboord met mark is 'n heerlike ervaring. "
"Daar is nie vreeslik baie winkels nie. Maar dit is hoekom mens met vakansie gaan, om weg te kom van alles. Maar vir die winkelliefheber is Gateway baie naby."
"Ek is absoluut mal oor Uvongo. Dit was my eerste, maar definitief nie my laaste besoek nie. "
"Jy benodig 'n permit om met jou voertuig tot op die strand te ry. 'n Beperkte aantal word uitgereik, en gevolglik tydens hoogseisoen staan mense al douvoordag in 'n tou om die permit te bekom. Die duik- en snorkelgeleenthede is fantasties."
"Shaka's Rock as 'n bestemming was vir ons ongelooflik lekker, vernaam oor dit ons eerste besoek was aan die Noordkus."