Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by TravelGround customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 13625 reviews.
"Heerlik in die winter, wanneer daar nie te veel mense is nie. Ons sal nie graag in die somer daar wil vakansie hou nie - te veel 4x4's trekkers en bote op die strand. Lang wit strande om op te loop. Die duikers het dit baie geniet, en ons het ook gaan snorkel en visvang. Fantastiese ervaring."
"Goed geleë en naby baie besienswaardighede ten opsigte van ons land se geskiedenis en die Drakensberge. "
"Pragtige omgewing, al het dit gereën en ons nie die berge kon sien nie. Baie plekkies om te besoek."
"'n Baie klein en rustige plekkie langs die see wat goed akkomoderend is vir al mens se benodighede. Is naby genoeg dat mens na enige van die groter plekke soos Umhlanga, Durban of Ballito toe kan gaan."
"Lyk na 'n lekker dorpie. Sentraal op die kruising na die Sentrale Berg area."
"Rustige kusdorpie wat sentraal geleë is vanaf vele besienswaardighede en aktiwiteite met veilige strande en goeie restaurante."
"Baie goed gelee sou jy 1000 Heuwels besoek of een van die ander toeristebestemmings in die omgewing."
Pongolapoort Dam, KwaZulu-Natal
Jozini Tiger Lodge - Dream Resorts"Die area waardeur jy ry om by Jozini Tiger Lodge te kom is nie ideaal nie, so beplan eerder jou rit om gedurende ligdag ure te arriveer. Gaan kyk of jy die krokodil in die poel onder die damwal kan sien. (Sal goed wees as Jozini dorp se munisipaliteit meer moeite doen om die fantastiese area skoon te maak en so te hou)."
"Die paaie is goed, maar dit neem redelik tyd om langer afstande af te lê, agv kronkelende paaie deur 'n baie mooi landskap, met baie om te sien."
"Dundee is 'n wonderlike toeristebestemming wat heeltemaal onder bemark en onderskat word. Ons gaan weer!"
"It was my first time in Underberg, really small town. We bonded as a family, watched DVD's and talked. The people are friendly and the landscape is breathtakingly beautiful."
Midlands Meander, KwaZulu-Natal
Dunning Country House"Dis 'n pragtige plek en die personeel is baie professioneel, vriendelik en behulpsaam. Duisende dankies. Dit was 'n onvergeetlike, aangename ervaring."
Willard's Beach, KwaZulu-Natal
At Ballito Manor View"Altyd lekker om in die winter hier te kan swem en te ontspan."
"Pennington se strandkafeetjie (Impithi Beach Kiosk) wat bedryf word deur die Pennington Bewaringsliggaam (Pennington Conservancy) se ligging, produkte en diens is puik. Die spyskaart is keurig en die kos goed. Daar is op sekere dae tuisgemaakte pasteie. Gaan vind vroeg uit wanneer dit deel vorm van die spyskaart! "
"Die mense is almal so vriendelik en behulpsaam en die dorp is ook baie netjies, skoon en definitief baie veilig."