Verified Reviews
Ladybrand
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Ladybrand
Rated 3.6 out of 5 based on 94 reviews.
"Ladybrand is 'n klein dorpie, wat al die winkels en banke het, wat 'n mens benodig. Toeriste kan gerus 'n draai maak in Ladybrand. Dit is 20 km van Lesotho se grens af."
"Meeste paaie in die dorp was eens paaie gewees, nou is dit net stofstrepe met gatte in. Die R26 van albei kante is ook baie gevaarlik met verskriklik baie potholes."
"Dit was altyd vir my 'n halfweghuis na die Katse Dam asook Semonkong by die Maletsenyane-waterval asook die voormalige toeriste kantoor in Ladybrand. "
"Ladybrand is pragtig en lyk na 'n rustige dorp. Dit is by die Lesothogrens. Ons het dit terdeë geniet."
"Pragtige omgewing. Jammer die dorp se state is in so 'n swak toestand, maar 'n mens stap maar."
"Dit was 'n sakebesoek. Die dorp het egter baie karakter en die natuurskoon om die dorp is asemrowend. Van die paaie is egter 4X4-wêreld !"
"Pragtige dorp met sandsteen-argitektuur. Pragtige natuurskoon vir die dapper stappers om self te ontdek."
"Beautiful area - the scenery between Ficksburg and Ladybrand is so beautiful and between Ladybrand and Bloemfontein as well. The Free State is really a gem! Just wish I had more time to walk around in this beautiful little town."
"Ladybrand is aan te beveel aangesien die dorp goed geleë is met oulike verblyf asook alle besighede wat 'n toeris mag nodig kry. Hoogs aan te beveel."
"Daar is 'n paar dinge om te doen rondom Ladybrand. Die dorp se systrate is ongelukkig vol slaggate."
"Ons het die plaaslike Spar besoek. Dit was 'n aangename koop-ondervinding. Ons verneem toe daar dat daar "openbare" toiletgeriewe so 'n paar deure verderaan beskikbaar is, waarvan die "toegangsgeld" R4.00 beloop. Toe my vrou haar R4.00 betaal, word sy meegedeel dat daar geen toiletpapier beskikbaar is nie. Hou in gedagte dat die Spar enkele deure daarvandaan weg is! Gelukkig hou ons altyd "noodvoorraad" in ons voertuig aan. Daar is ongelukkig net één manier waarop die toiletgeriewe beskryf kan word: dit ruik baie sleg. Dit is van daardie tipe reuke wat nog lank daarna as het ware in 'n mens se neus bly hang. Ek het vanaf ons huis in Potchefstroom probeer uitkom by die eienaar van die gebou waarin die betrokke toiletgeriewe geleë is, maar ek was tot dusver onsuksesvol."
"Behalwe vir die slaggate in die pad is dit 'n baie mooi dorpie met mooi ou huise."
"Convenient access to Lesotho and very neat. The roads need a bit of work as it is apparent that the town is not doing well financially. However, it is very nice place to relax."
"Die plaaslike munisipalitiet moet ernstig na die paaie begin kyk. Dit is regtig nie in 'n goeie toestand nie."
"Netjies en skoon met baie mooi sandsteengeboue. Nodige winkels en besighede ook goed en nie so verwaarloos soos byvoorbeeld Clocolaan nie. Nie veel in die dorp self te doen nie."