Verified Reviews
Ladysmith
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Ladysmith
Rated 4 out of 5 based on 32 reviews.
"Ons was nog nooit voorheen in Ladysmith nie, maar sal beslis weer na 22 on Reitz wou gaan."
"Sal waarskynlik as oornagplek besoek word (nie noodwendig langer). Baie in die omgewing wat betref die "battlefields" en natuurlik baie lekker naby die "berg resorts" of op pad daarna."
"Die dorpie het baie mooi geboue en kerke. Baie geskiedkundig. Was spyt dat ons nie meer tyd daar kon spandeer nie. Om na sononder in die dorp te beweeg vir iets om te eet, was egter senutergend. Daar was 'n paar verdagte karakters wat in die strate rondhang."
"Die dorp het maar baie agteruitgegaan, maar daar is baie geskiedkundige besienswaardighede."
"Droom vir geskiedenisliefhebber, slagveld-besoeke met gids word aanbeveel."
"Geen probleem met die dorp, alle geriewe en mooi ligging met baie besienswaardighede."
"Ons was daar vir werk, ons het nie genoeg tyd gehad om regtig te verken nie. "
"Nothing really to say about Ladysmith. I just saw that generally things are less expensive compared to Gauteng."
"There is a nice restaurant but not much else. The drive to Drakensburg is not far and that was very nice!"
"Baie besienswaardighede en 'n plek wat die moeite werd is om te besoek."
"Kan nie regtig baie uitwei oor Ladysmith nie. Ons het baie laat die aand daar aangekom en is weer baie vroeg die volgende oggend daar weg."
"Was baie beïndruk. Ladysmith is pragtig en so skoon. Ek sal beslis die pragtige plek weer besoek."
"Ladysmith, hoewel ons nie tyd gehad het om die dorp te besigtig nie, lyk na 'n lieflike dorp in die hartjie van KZN - die omgewing is pragtig!"
"Net die aanwysing na die gastehuis was ietwat verwarrend.Die afrit Modelkloof was duidelik."
"Daar was 'n water beskikbaarheids probleem wat ons verblyf definitief negatief beïnvloed het. Ons het laat die middag arriveer en vroeg die volgende oggend vertrek."