Verified Reviews
Leisure Bay
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Leisure Bay
Rated 4.6 out of 5 based on 59 reviews.
"Pragtig, skoon gedurende feestyd met opsigtelike beveiliging wat jou as vakansieganger gemoedsrus gee."
"Nice and exclusive, not too crowded and that was a plus for me. The beach is clean and beautiful, the rocks at the beach and the thick vegetation is just to die for. I am definitely coming back to Leisure Bay, guaranteed!"
"When you turn into Leisure Bay, it is so clean and beautiful and the tree's along the road ─ wow."
"Veilig, mense kan dalk bietjie vriendeliker wees. Ek dink iemand kan 'n besigheid begin waar hulle iets soos scooters of gholfkarretjies uithuur, om rond te ry in Leisure Bay-area. Ook kort daar 'n strandwinkeltjie, alhoewel daar 'n winkeltjie is, is dit 'n ent se stap, baie opdraande. Maar fantastiese plek."
"Klein karretjies gaan sukkel op die paaie en wees voorbereid vir 'n entjie se ry as jy 'n stadsjapie is wat gewoond is aan inkopiesentrums op elke hoek is. Ordentlike winkels is ver en wyd versprei. Daar is baie, nabye, stapvriendelike strande loopafstand."
"We really enjoyed the rocky beach and also found other things to do in reasonable distances. Crocworld, Mac Bananas, The Red Desert, The Pont and Wild Coast Casino."
"Dis nie 'n plek vir partytjie of geraas nie. Dis 'n plek om rustig te wees en die wildlewe te geniet."
"Uitstekende strande en veilige parkering met wagte orals. Kan ver stap en die omgewing bied baie om te doen. "
"Leisure Bay is fantasties en ek beveel almal aan om by T.O Strand 'n draai te maak wat ek 'n 10 ster sal gee."
"Jy kan 'n droomvakansie hier hou. Veilig, rustig en plesierig. Jy moet daar gaan kuier."
"Lovely quiet beach, beautiful sunset walks, feels safe, not busy, a true family escape."
"Heerlike strande in die area. Mens kan ver loop langs die see na verskillende klein strandjies. Die honde word nie toegelaat op Leisure Bay se hoofstrand nie, maar daar is heelwat ander strande binne loopafstand waar ons saam met die honde kon gaan."
"Leisure Bay het twee gewilde strande. Kids bay en die TO strand het albei lewensredders en is baie veilig vir kinders. Peter Pan strand is tussen die twee strande. Daar is ook baie visvang plek vir die manne."
"Dit is so rustig en netjies en nie 'n toeloop van mense nie, jy vat jou handdoek, stoel en mandjie en stap strand toe, geen gesoek vir parkerplek, gaan definitief weer en weer gaan."