Verified Reviews
Limpopo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Limpopo
Rated 4.3 out of 5 based on 3450 reviews.
"Ons was by Windpompfees. Ons wou nog die Sondag kuier en iets doen maar kon nie iets kry wat aanbeveel word nie."
"Gerieflike basis om by vernaamste besigheidspunte in Polokwane te kom."
"Magoebaskloof is verseker vir die natuurliefhebber, wat eerder wil ontspan, wil stap of fietsry of so bietjie wil visvang. Natuurlik is dit 'n absolute moet vir motorfietsryers, want die baie skerp draaie sal verseker sorg vir 'n groot glimlag op jou gesig. Dit is 'n area wat ek gereeld sal wil besoek."
"Magoebaskloof is altyd 'n lus vir die oog. Die tropiese gebied en aangename weer met mis en reën op die berge saam met 'n kaggelvuur is net die regte ding vir die siel. Dit is een van die mooiste gebiede in die Limpopo."
"Klein maar interessante dorpie met alles wat mens nodig het in die winkelsentrum. Sal weer gaan."
"Daar is verskeie aktiwiteite vir die adrenalienverslaafdes. Die natuurskoon is ongelooflik mooi."
"Baie om te doen in Rust De Winter. Ons het die Mystic Monkeys and Feathers Wildlife Park asook die dam besoek "
"Dit is gewoonlik ons bestemming vir 'n langnaweek. Son, natuur en skoon lug. Wat meer kan ons stadsjapies vra."