Verified Reviews
Little Brak
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Little Brak
Rated 4.6 out of 5 based on 21 reviews.
"Ons het baie rondgery na omliggende dorpe soos Mosselbaai, George, Knysna, Hartenbos so ons het nie veel in Klein Brak gedoen nie. Wat vir my uitgestaan het was die gebou waardeur 'n boom gegroei het, asook die pragtige rivier in Klein Brak. "
"Die mense is vriendelik, veral die Pick 'n Pay personeel is ongelooflik behulpsaam. Van die straat tot die strande is silwerskoon."
"'n Juweel van 'n plekkie met mooi strand en rivier. Binne bereik van meer "opwindende" vermaak indien nodig (in Mosselbaai en George)."
"We will go again anytime. The people is so friendly there and the streets are quiet and safe ... 10 out of 10!"
"Wat lekker is van die stramd by Klein Brak is dat jy tot teen die strand kan ry om te parkeer en dat jy nie eers trappe hoef af te klim met al jou goed nie. Dis op dieselfde hoogte en nie ver nie."
"Was nog altyd een van ons gunsteling bestemmings vir 'n heerlike Kaap-see-vakansie! Baie veilige area en wonderlike swemstrand."
"Baie oulike vakansie-dorpie met 'n lekker strand en die water was ongelooflik, baie warmer as die Weskuswater. Ons het die vakansie terdeë geniet. "
"Netjiese, skoon omgewing en strande. Redelike afstand van Oudtshoorn en die grotte daar. Naby aan George en Mosselbaai. Groot winkelsentrum ook by George."