Verified Reviews
Loxton
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Loxton
Rated 4.3 out of 5 based on 210 reviews.
"Loxton is ‘n klein Karoodorpie met ‘n paar interessante besienswaardighede. Die mense is baie vriendelik en gasvry. Vakansiegangers en toeriste wat ‘n road trip wil doen sal die dorpie baie geniet. "
"Pragtige, veilige dorpie. Vriendelike galery eienaar en lekker voëls gekyk buite die dorp."
"Hierdie dorpie is karoo in die volle sin van die woord. Presies soos ek my dit voorgestel het. Mens stap deur die dorp want vir deur ry is die dorpie te klein. So mooi en so spesiaal! Elke mens wat verby jou loop of ry groet asof jy op hulle stoep hoort."
"Ongelooflik mooi, skoon en netjies. Definitief die plek om te wees as jy rus vir jou siel nodig het."
"Dis n juweel van Suid-Afrika waar Ingrid Schoffman en ander ongelooflik baie werk insit om die dorp te laat werk. Suid-Afrikaners behoort dit te besoek om te sien watter skatte ons het. Ons was verras. "
"Vir so 'n klein dorpie is daar 'n ongelooflike gastehuis met die naam Karos wat 'n ongelooflike hoog standaard stel. "
"Sal volgende keer 2 nagte daar oorslaap, een is te min. Sou graag in die dorp wou gaan rondloop."
"Sal lekker wees as daar iewers 'n inligtingbord is waar jy die lys van eetplekkie kan sien."
"Loxton is 'n baie skoon, netjiese dorpie, maar ongelukkig lyk dit of hy leeg loop - baie eiendomme in die mark en slegs 1 koffiewinkel wat gaste kan lok."
"Op 'n Sondag is daar geen plek beskikbaar wat oop is en 'n mens iets te ete kan koop nie. Andersins 'n tipiese rustige Karoodorpie."
"Loxton is 'n baie klein gemeenskap met vriendelike mense. Wees voorbereid dat daar nie winkels is nie, die Ko-opersie en winkel is baie oulike en behulpsaam."
"Pragtige Karoodorp. Netjies en skoon. Kom ervaar die rustigheid en skoon, vars lug van die Karoo."