Verified Reviews
Loxton
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Loxton
Rated 4.3 out of 5 based on 210 reviews.
"Loxton is 'n tipiese slaperige Karoodorpie. Pragtig, in die middel van nêrens."
"Loxton is a wonderful place. I like the tranquillity and all the trees. Some people might get bored."
"Hier is niks te doen nie - perfek. Jy kan jou reisgenote geniet en in ontspanne atmosfeer bymekaar uitkom."
"Dalk meer eetplekke maar heerlik geëet en gekuier daar in die Rooi Granaat oorkant die pad. Sal graag weer daarheen wil gaan."
"Baie mooi klein dorpie as jy nie te veel gepla wil word en weg wil kom van die stad. Pragtige sonsondergange en heerlike kos."
"Ek is mal oor Loxton. Sal beslis weer gaan kuier. Die rustigheid en die natuur is ongelooflik."
"Die dorp is baie mooi bewaar en silwerskoon! Die leiwater is besonders. Wat 'n gawe plek!"
"Prentjiemooi dorpie. Kan verstaan dat mense daar bly. Die Karoo is darem maar van die mooiste dele van ons diverse land!"
"Prachtige dorp met die beste karoo atmosfeer in die land. Doodstil en babe vriendelijke mense."
"Mens kan waarlik rus en vrede hier ervaar. Die Rooi Granaat is 'n puik en gesellige kuierplek en die eienaars en hulle hondjies laat mens binne 10 minute voel of jy deel is van die gemeenskap. Mens kan rustig sit en lees, gaan bergfiets ry, motorfiets ry (die R63 is ideal geskik vir toer met 'n motorfiets) sowel as stap by 'n nabygeleë natuurreservaat."
"Klein dorpie tussen erens en nerens. Seker boerdery-gemeenskap wat omgewing aan die gang hou. Nie eintlik toerisme waardig nie. Ons maak egter 'n punt daarvan om onbekende plekkies op te soek. "
"Pragtige plek - mooi opgepas, mens kan sien mense is trots op hulle huise en tuine, selfs die deel rondom die kerk is mooi in stand gehou. Mal oor die plek!"
"'n Unieke dorp waar jy waarlik kan rus. Kom hierheen as jy saam met vriende gehaltetyd wil deurbring en die stilte van die Karoo wil inneem en jou siel weer brandstof wil gee! Stap tydens skemer deur die strate en bewonder die eenvoud en mooi Karoo dorp. Hier is nie restaurante wat in die aand oop is nie, so gesels om 'n vuurtjie terwyl jy 'n vleisie braai en die sterre bewonder. Dit is baie veilig en rustig. Al hoe meer jongmense en toeriste beweeg hierheen om gehaltetyd te spandeer! Ek het my hart verloor op Loxton."