Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3920 reviews.
"Dit is ons tweede besoek in Clarens en ons is teleurgesteld oor agteruitgang van strate, asook niks nuut beskikbaar."
"Ons was kersdag daardeur, so amper als was toe. Eetplek gesoek, maar niks gekry die oggend nie. Mooi dorp."
"Pragtige, ou plattelandse dorpie met lieflike winkeltjies en heerlike restaurante."
"I'm giving it a 4/5 because of the poorly maintained roads, be very cautious when driving from Johannesburg. There are major potholes en route and not many petrol stops. Overall, stunning views."
"'n Rustige plattelandse dorpie met die mooiste natuurskoon. Skoon en netjies. Baie aktiwiteite vir oud en jonk."
"Eerste keer in Clarens. Baie mooi dorpie met pragtige berge, maar soek nog na 'n wow-faktor. Vele winkels, restaurante en staproetes. Was ook by Golden Gate, maar weet nie of ons sommer gou weer sal terugkeer nie. Dink ander plekke in Suid-Afrika bied meer."
"Rosendal is 'n baie oulike dorpie met lekker restaurante, maar die pad na Rosendal is baie sleg."
"The roads going there are totally terrible and littered with potholes. In the town itself, some streets do not have tar anymore. A couple of streets were only accessible if you drove a 4x4. Who's to blame?"
"Fantastiese plek, en voorwaar die moeite werd. Pad na en van Clarens nie so lekker nie, maar as jy eers daar is kan jy enige plek heen loop."
"Clarens is 'n wonderlike plekkie en vir seker 'n deel van die land wat mens moet sien. Dit is ongelukkig jammer dat al die paaie vanaf Clarens, behalwe die Betlehempad, bykans onbegaanbaar is. Dit maak dit al moeiliker om weer daardie kant toe te wil ry. Paaie is uiters swak, maar as jy loop, is dit 'n goeie ervaring."
"Ek dink die paaie moet regtig aandag kry in die dorp asook omliggende paaie soos die R26. Clarens is 'n pragtige dorp met die mooiste winkels. Daar is nie winkels soos Woolworths, Pick 'n Pay, ens. wat eintlik 'n plesier is. Ek sal graag weer teruggaan."
"Soos in die meeste dele van SA is die pad maar sleg tussen Fouriesburg en Ficksburg."
"Fouriesburg is sentraal geleë met mooi sandsteengeboue. Dit is goed geleë om die omliggende dorpies en omgewing te ontdek en ondersoek. Dit het soveel potensiaal. Ek dink egter die plaaslike owerheid het die infrastruktuur erg laat verwaarloos. En dan natuurlik: Die toegangspaaie na die dorp via Bethlehem of Ficksburg is 'n nagmerrie. As jy daarmee kan saamleef, sal jy lekker kuier."
"Gedurende die naweek was daar baie mense en ons was gelukkig met parkering. Dit was wonderlik om so baie verantwoordelike honde-eienaars te sien. Die meeste winkeleienaars is vriendelik, maar nie almal nie."
"Still adore this little town after all the years of going, time to buy a house and just relocate permanently. Even the locals think we are locals already."
"Fouriesburg is die naaste dorp en was aangenaam verras met die diens en kwaliteit by Model Slaghuis. Die Plaasstoep Restaurant het die heel beste pap en kaiings en Alice gee fantastiese diens. Clarens is ook lieflik."
"Ek is mal oor die deel van Vrystaat, die is 'n gunsteling van my met pragtige Clarens net om die draai."
"Maak seker jy bespreek, want op sekere tye van die jaar bars Clarens uit sy nate! Nietemin, 'n wonderlike bestemming!"
"Die paaie rondom en in die dorp is ongelooflik sleg, wees versigtig vir die R26 veral! Slaggate oral!"
"Clarens is a stunning town with amazing people and shops. I would say it's a town everyone should visit because you are guaranteed to fall in love with it."