Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 3395 reviews.
"Ek oorweeg al 'n geruime tyd om in Marloth te gaan woon! Ek is al van begin van die jaar besig om te soek na my plekkie. Ek was nou daar om na 'n huis te kyk ... en as alles goed gaan verhuis ek begin Jan 2023. My huis sal teen middel Desember klaar wees."
"Ons hou baie van Marlothpark. Dit was ons eerste besoek daar. Sal beslis weer soontoe gaan. Ons het gebruik gemaak van die amazing restaurant en het heerlik daar geëet. Die uitsig daar is ongelooflik met die mooiste sonsondergang. Vriendelike personeel en lekker kos! Die grondpaaie in Marloth kan beslis aandag kry! Ons het baie lekker ontspan daar en veilig gevoel."
"Dankie dat die eienaar die watertekort dadelik aangespreek was. Eienaar het selfs warm water voorsien. Die hele oord het 'n watertekort gehad."
"The security at the gate not up to standard. The roads need an upgrading. Refuse at the entrance gate is an eye-sore. The game viewing and animals roaming were beautiful and an unique experience."
"Baie lekker en rustige vakansieplek waar jy kan afskaal en net ontspan. Dis ideaal geleë is indien jy die Kruger wildtuin wil verken."
"Dis baie meer modern as wat ek gedink het. Met baie huise oral en waterpark vir kinders. Hou baie van die plek ."
"Paaie is plek-plek baie sleg en sal met 'n lae kar moeilik gery kan word. Kragonderbrekings was baie."
"Marloth Park is really close to the Kruger National Park which was ideal for us to undertake a day trip into the park. Just remember during long weekends and school holidays to pre-book your KNP visit on their website. Marloth Park has a lovely small, but adequate shopping centre that catered for all our needs. The animals in Marloth Park are really in abundace and something we really enjoyed. Closer to nature you surely will not get."
"Die park sal moet kyk na die water tekort, veral as die park volbespreek is tydens die besige seisoene."
"Veilige omgewing met baie wildlewe. Krokodilrivierhek na Krugerwildtuin is 15 min weg."
"Kan gerus bietjie meer doen aan die paaie. Selfs in 'n 4x4 skud jy jou babbelas los. Maar op die ou einde is dit tog 'n bosveldtrippie."
"Marloth se sekuriteitsmaatskapy kan bietjie opskerp met die in- en uitgaan van die motors. Daar is nie veel beheer oor wie ingaan en wanneer en of hulle uitgaan nie, werkersbusse ens. moet inteken sodat beheer oor sekuriteit gehou kan word."
"Die waterpark en restaurant met ander winkels is 'n groot plus asook die baie diere wat vry rondloop. Die baie werkers en werksvoertuie en besige deurpad doen egter skade aan die rustigheid van die plek."