Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 3395 reviews.
"I would like to suggest that Nkomazi Municipality be informed that attention must be paid to the state of some of the roads. We were fortunate in owning a 4X4, but not everyone does. It is the municipality's duty as they receive rates and taxes."
"Mal oor Marloth, maar brei nou te veel uit met moderne huise wat nie meer by bosgevoel inpas nie."
"Vullisberging en -verwydering is 'n probleem en grondpaaie word nie instandgehou nie. Diere is amazing en ongelooflik mak."
"Baie goed geleë. Huisies is verspreid en letterlik in die bos wat goed is vir privaatheid, maar kan ook gevoel van afsondering en onveiligheid skep."
"In Marlothpark kry jy alles wat jy nodig het en die rustigheid van die bos is altyd 'n bonus!"
"Marlothpark is ongelooflik besonders. Dit verleen 'n unieke bosveldervaring, maar met moderne geriewe beskikbaar reg in die park."
"Marlothpark is heerlik en naby genoeg om maklik die wildtuin te besoek vir die dag. Ek kan wel noem dat die omgewing nie rolstoel vriendelik is nie - dis feitlik onmoontlik om met 'n rolstoel te gaan stap weens die sand en klipperige paaie. As jy 'n gestremde persoon in jou groep het, is dit beslis 'n uitdaging."
"Bly altyd 'n wenner in die winter, met baie aangename sonskyndae en baie wild om te sien. Stel nooit teleur nie. Heerlike rusplek, waar goeie dissipline gehandhaaf word. Mens voel altyd rustig en veilig daar."
"Ek is malverlief op die plek, ek was al voorheen daar en sal beslis in die toekoms weer gaan."
"Veilig, bekostigbaar, rustig. Iets vir almal. Maak net plan met 100de vragmotors op die N4 deur die dagure."
"What an experience with the animals in the park. Peaceful and calm. It was truly a blessing, we experienced nature like never before."
"Alles wat jy nodig het, maar teen 'n prys. Kruideniersware uiters duur in Marlothpark so koop buite."