Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 3395 reviews.
"Dit was my eerste keer in Marlothpark. Ons het dit baie geniet en beplan al reeds ons volgende trip."
"Het Marlothpark baie geniet. Koedoes, zebras, vlakvarke en nagapies het ons gereeld besoek en was veral 'n plesier vir die kleinkinders. Sal weer besoek."
"Onseker oor sekuriteit en voel dat Marlothpark soveel meer kan bied as die huidige stofstrate en huise wat onversorg lyk. Pad soontoe met die langnaweek was nag!"
"Marloth Park is the best location for being close to Kruger Park but the location and Park provides for everything and with the animals roaming around on your walks is always a great experience. I would recommend everyone to visit Marloth Park."
"Paradys op sy eie - ons as besoekers moet help om die park skoon te hou en hou by die spoedgrens."
"Interessante plek om in te bly, met al die diere wat daar kom wei."
"Baie besig met tye. Paaie in swak toestand veral met lae voertuig. Die bos-atmosfeer en diere wat vry beweeg maak dit lekker."
"Marloth Park is 'n mengelmoes van top-, middelslag- en basiese-verblyf. Die beskrywing en pryse behoort voldoende te wees om te bepaal wat jy kry. Daar is twee sentrums in Marloth en dit was nog nooit nodig om na die dorp te ry omdat ons iets nie daar kon vind nie. Marloth is aangenaam vir informele kuier en is gerieflik naby die Krugerwildtuin. Daar is wild in die Marloth-area, maar niks wat gevaar inhou vir besoekers of persone te voet nie. Marloth Park doen baie moeite om die area veilig te hou vir alle inwoners. "
"Dis 'n rustige dorpie met baie hartlike mense. Daar is petrol, drankwinkel, restaurant en 'n supermark. So mens hoef ook nie die hele huis in te pak om hier te kom bly nie. Ek is veral beïndruk met hul strengheid om by die stadige spoedgrens te hou. "
"Marlothpark is 'n heerlike bos wegbreuk met wilde diere wat gereeld kom hallo se. Dit is 'n onvergeetlike ervaring wat ons gereeld doen. Sal Marloth aanbeveel vir enige iemand wat hou van die buite lewe en bos. "
"In Marlothpark voel dit asof jy naby die natuur is met die natuurlike bos en wild wat oral rondloop. Heerlik!"
"Marlothpark is 'n awesome wegbreekplek. Dit is rustig waar jy tussen diere kan bly en loop. "
"Altyd lekker om Marloth Park te besoek. Die regte plek om te gaan recharge."
"Als is naby Marloth geleë of ten minste nie meer as 2 ure van mekaar af nie. Ons was in Sabie, Graskop en Hazyview die een dag en die volgende dag in Kaapsehoop, Barberton en Diepgezet. Baie avonture in baie min tyd beower, maar die beste was maar die wildtuin en die lekker kuier om 'n kampvuur in Marlothpark."