Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 3395 reviews.
"Dit was ons eerste keer daar en as ons weer in die area kom sal ons vir seker weer daar bly, ons het dit as baie veilig ervaar en dis by die wildtuin so jy kry regtig 'n gevoel van die wild. Ons het ook olifante gesien toe ons langs die rivier by 'n restaurant geëet het, wat nogal spesiaal was."
"Olifantlaan is te besig vir 'n vakansiebestemming, vernaam tussen 17h00 en 18h30, maar ander paaie is rustig en stil. Die diere is ongelooflik vriendelik, kom verwelkom ons op elke plek. En die bobbejane en ape is nog nie lastig en stout nie. Hout dit so. "
"Baie rustige plek, goeie alternatief om vakansie te gaan hou as die wildtuin te besig is. Ek sal weer Marloth Park toe gaan."
"Wonderlik, behalwe die vreeslike duur/gemiddelde kos by Watergat restaurant. "
"We loved seeing the animals! Loads of potholes though and we did scrape the car a lot because of the roads but otherwise it was fantastic."
"Marloth Park bly my gunsteling oornagplek as ons Mosambiek toe gaan of net 'n vinnige wildtuinwegbreek wil geniet. Blyplekke is billik geprys en nie ver van Mallelaan of Krokkedilbrug Hek af nie."
"Ons het al verskeie kere in Marlothpark gebly en dit was elke keer heerlik en ons het nooit onveilig gevoel nie."
"Dit is vir ons baie lekker om te kuier in Marlothpark, en gaan ons graag daarna toe. Heerlik om net lekker te gaan rus en die pragtige natuur te kan geniet daar!"
"As jy wil rustig wees en ontspan is Marlothpark definitief die plek."
"Baie lekker plek en ek gaan meeste daar. Alles baie rustiger as ander en prys is nie baie sleg nie."
"The ostriches are quite aggressive and as a parent find them to unsafe to walk around with children. Incredible to have so much wildlife variety up close though. Dirt roads dons't seem to be maintained too often."
"Marloth Park is a wonderful holiday destination for relaxation and being one with nature."
"Marlothpark is 'n great plek. Ons het baie diere gesien en die naweek terdeë geniet. Van die paaie is bietjie lelik om met 'n klein kar te ry. Sal ook daarvan hou as daar dakkies bo-oor van die uitkykpunte se bankies was sodat die son mens nie brand nie. Sal definitief weer Marlothpark besoek."
"Marlothpark se grondpaaie kan gerus meer aandag kry. Verder geniet ek elke kuier daar werklik baie. "