Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 3395 reviews.
"Bietjie bekommerd oor die rookbeleid by die restaurante - daar blyk geen te wees nie. Rokers rook waar algemene publiek sit (en kinders) en eienaars doen niks daaromtrent. As dit rook-areas is moet hul mens waarsku en nie kinders daar toelaat."
"Marlothpark is definitief die beste vakansieplek in ons land en sal vir seker weer terugkeer net in 'n beter huis."
"Baie goed geleë vir besoeke aan die KNP. Die rustigheid is net wat nodig is om van die stedelike gejaag te ontsnap."
"Die wild is baie maar ek sou graag vooraf wou weet dat van die paaie in die park nie so mooi vir normale voertuie is nie! Ons was onkant gevang op een of twee van die strate toe ons wild gaan soek/kyk het. Verder is die winkeltjies goed toegerus en is die park mooi skoon. "
"Daar is nie voer of lusern pille by die winkels te koop nie. Die paaie onder teen rivier is baie verspoel. En die deurloop van die publiek is baie. Geen kontrole by hek nie. Bushveld Atlantis is duur, maar waarde vir geld. "
"Baie diere om te besigtig, bekostigbaar en die winkels is gerieflik ingerig. Goeie restaurante nabygeleë en genoeg om te doen vir die kinders."
"Ons het dit omgewing vreeslik geniet en het baie veilig gevoel. Ek sal so 'n naweek vir enige jong gesin aanbeveel. "
"Baie gerieflik en ontspannend vir wegbreek naweek. Goed geleë vir besoek aan die wildtuin."
"Die supertubes vir besoekers is overpriced. Verder kan ons Marloth waarlik aanbeveel."
"The only issue is security. We had security people on the premises around 14:00 on Sunday morning looking for intruders - an alarm system should be installed or 24 hour security on the premises. "
"Ons geniet dit baie om na Marlothpark toe te gaan. Die mense daar is altyd vriendelik, en al die diere wat sommer daar by die huise kom kuier is awesome geniet dit baie."
"Net jammer die mede gaste/eienaars het tot 2 uur in die oggend gekuier, ek verstaan dit was naweek, maar werklikwaar 2 uur in die oggend is darem maar verregaande. Verder was dit absoluut wonderlik."
"Sal weer soontoe gaan. Mense baie vriendelik en die wilde diere is awesome. Die kinders het dit terdeë geniet."
"Was nie alles wat ek verwag het nie, maar dalk omdat ons net een aand oorgeslaap het. Sal graag weer wil gaan en 'n paar aande oorslaap."