Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 3395 reviews.
"Het nou al 'n paar keer in Marloth Park oorgebly en het sopas ons eie erf gekoop. Hoop om binnekort te begin bou en moontlik deur Lekkeslaap te adverteer."
"Wil sommer daar gaan aftree so rustig en lieflik is dit."
"Ons het dit moeilik gevind as gevolg van straatname wat verwyder is. Iets om aan te dink? As ons nie 'n kaart van die park gehad het nie, sou ons beslis verdwaal het. "
"The roads are very poor and is only suitable for vehicles with high road clearance."
"Pragtige omgewing. Die wilde diere wat tussen die huise rondloop was 'n unieke ervaring gewees. Die supermark en ander winkels in Marloth Park is baie gerieflik."
"Marloth Park is baie lekker. Moet wel sê dat as 'n mens vir dagbesoeke by die Krugerwildtuin wil ingaan, dit baie besig kan raak en mens kan lank by die hek wag voor jy inkom. Ons het vooruit bespreek om in te gaan as dagbesoekers, maar mense wat nie het nie moes baie lank wag. As jy elke dag wil gaan wild soek, bespreek eerder direk in. Ons bure het hout in die veld gaan haal een aand en 'n ander aand sommer met 'n kettingsaag 'n boom afgesny. Het dit aangemeld by Marloth se bestuur wat toe niks daaraan gedoen het nie. Was bietjie suur daaroor. Verder baie lekker. "
"It is such a nice place to have a quiet yet exciting weekend away. Just wish there were still animals coming close to people. I think all the building activity and new houses have scared them off from coming near any residential areas. "
"Ons besoek nou al vanaf 1998 Marloth Park. Wat ons waargeneem het is dat daar baie minder diere in Marloth Park is, en dat die bedrywigheid vermoedelik daartoe bydra. "
"Van die lekkerste bosvakansieplekke in die land! Beste waarde vir geld!"
"Baie lief vir Marloth Park. Dit is werklik 'n mooi skoon plek en die diere is beslis spekvet, gesond en gelukkig."
"Marloth Park is die ideale vakansieverblyf vir natuurliefhebbers. Dis ook baie naby aan die Kruger Wildtuin so mens kan maklik 'n besoek daar gaan aflê. "
"Baie lekker, sien baie diere. Ons het dit vreeslik geniet!"
"Die wild al langs die rivier het dit ekstra spesiaal gemaak - vir die dae wat ons nie wildtuin toe is nie het ons baie wild gesien. Die olifante het tot naby die draad gekom. In Marloth Park self het ons nie wild naby die huis gehad nie, maar soos ons heen en weer gery het baie kudu's, volstruise en kameelperde gekry."
"Lieflike staparea al langs die riviergrens!"
"Lekker naby aan die Kruger en mens kry die "bos" gevoel asof mens sommer in die Kruger bly. Restaurant en winkeltjies is gerieflik en alles wat mens nodig het."