Verified Reviews
Modimolle
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Modimolle
Rated 4.1 out of 5 based on 304 reviews.
"Modimolle is naby genoeg aan Pretoria, maar in 'n area waar die voël;ewe soveel ryker is."
"Heerlike bosvelddorp met 'n groot nuwe inkopiesentrum en baie om te doen. Koro Creek Gholfbaan is fantasties en so ook die restaurant op die landgoed."
"Begin van die Waterberge wat 'n pragtige, gasvrye omgewing is met soveel om te bied."
"Was daar vir gholf, nie regtig tyd gehad vir sightseeing nie, maar ek verneem daar is verskeie wildsplase in die omgewing vir diere kyk en van die stad wegbreek, Modimolle is klipgooi van Pretoria af eintlik."
"Toeriste moet net onthou dit is platteland, en winkels is nie noodwendig op 'n Saterdagmiddag of Sondag oop nie."
"Ons het by Nylsvley natuurreservaat gaan voëls kyk. Die vleilande is vol water en dit lyk fantasties. Ons het 'n oorvloed watervoëls gesien."
"Die dorp is in 'n baie slegte toestand en vervalle. Daar is 'n winkelsentrum, Modimolle Mall, maar neem eerder alle kruideniersware saam. Dit is onveilig om daarheen te gaan."
"Die dorp het die basiese wat jy mag nodig kry, maar jy gaan nie soontoe om in die dorp uit te hang nie."
"As jy net wil oornag en die opvoedkundige sessie bywoon kan ek dit aanbeveel. Verder kan jy net braai en swem. Daar is geen verdere aktiwiteite om te doen nie."
"Hou van die plekkie. Hier grootgeword. Naby vir benodighede as jy moet ry."