Verified Reviews
Mokopane
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Mokopane
Rated 3.8 out of 5 based on 48 reviews.
"Mokopane was in die begin vir ons deurmekaar, maar later gewoond geraak. Daar is 'n oulike dieretuin/wildtuin net diskant die dorp. Die toegang is nie baie nie en daar was leeus en luiperds en wildehonde. Baie oulik!"
"Heerlike vrugtestalletjies net suid van die dorp langs hoofpad. Goeie waarde. "
"Goeie omgewing. Warm, boom- en bosryk. Jy kan gerus die N1 verlaat om 'n stop hier te maak."
"Iets wat baie opvallend is van die dorp is dat dit baie skoon en netjies is. "
"Die dorpie is wonderlik en die mense van die omgewing is werklik baie vriendelik en behulpsaam. "
"Het net een nag oorgebly in Potgietersrus, en het nie veel van die dorp gesien nie. Ons beplan om in die nabye toekoms weer in Limpopo te gaan rondry en kuier om na besienswaardighede te gaan kyk."
"Bied 'n verskeidenheid besighede maar sou graag meer vars produkte (bv. vrugte wildsvleis/biltong) van die omgewing wou kry. Geen advertensie of sigbare verwysings nie. "
"Jammer al die straatname is weg. GPS wou ook nie die gogga naam van 'n dorp sien nie."
"Hierdie tipe bestemming is die alternatief vir die sluiting van die Percy Fyfe Natuur Reservaat vir die algemene publiek. Lekker stap en fietsryroetes."