Verified Reviews
Mossel Bay
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Mossel Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 3240 reviews.
"Net Diaz Waterpark Mosselbaai is te "dodgy". Hartenbos is beste vir kinders en baie om te doen al is die weer sleg."
"Dit was ons eerste keer in Mosselbaai en omliggende areas en wat vir ons uitgestaan het, is dat dit 'n ongelooflike skoon plek is, oral mense wat skoon maak. Almal is vriendelik en 'n mens voel veilig. Was vreemd om in 'n plek te ry waar daar geen slaggate is nie en waar al die robots werk. Dit het gevoel eks in 'n ander land."
"Mosselbaai is die perfekte toeristebestemming. Ons het die Mosselbaai Grotte gaan besoek. Daar is baie oulike koffiewinkels ook. Ons was ook by 'n permanente vlooimark wat allerhande goedjies verkoop."
"We had a short stay. So we could not explore much. My 3rd time in Mosselbay though. My half way stop to Cape Town. It is a nice place."
"Kon nie glo hoe baie Mosselbaai uitgebrei het nie! Kinders het die ou posbus asook Hartenbos se seefront baie geniet. Wens ek het geweet van die treintjie wat ry tot by Seeplaas vir ontbyt - volgende keer vir seker!"
"Pragtige vakansiedorp met goeie mense en lekker eetplekke. Baie ryk geskidenis en wonderlike natuurskoon. Fantasties vir families en vriende wat wil wegbreek."
"Almal was baie vriendelik. Strate is netjies en skoon en wil sommer daar gaan bly."
"Kuier gereeld in Mosselbaai. Baie dinge te doen in en om die omgewing."
"Baie uitgebrei, nou baie kommersieël. Eenheid was 'n bietjie klein, maar was genoeg vir wat ons nodig gehad het vir die tyd wat ons daar was."
"Fantastiese plek met baie om te doen behalwe swem. Lekker eetplekke met vriendelike kelners. Vriendelike mense."