Verified Reviews
Mossel Bay
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Mossel Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 3240 reviews.
"Verskriklike skoon en netjiese omgewing. Almal met wie ons gepraat en te doen gehad het was baie vriendelik. Die kampioenskappe het gestrek oor 3 dae. Daar was baie om te sien en te doen vir die kinders so tussen hulle deelnames deur."
"Die weer was baie lekker, dit was net in aande wat wind opgekom het maar die plekkies is so gebou wat baie wind afgekeer het. Mens voel veilig daar want jou voertuig staan nie in die pad, dit word agter hoe elektroniese hekke naby die eenhede geparkeer. Jy het te alle tye toesig oor jou voertuig en dis ook 'n groot pluspunt dat jou voertuig veilig is."
"Unfortunately we did not travel within Mossel Bay much but for new comers take note, the stores close real early so stock up."
"Mosselbaai en omgewing is pragtig en altyd baie aangenaam om daar te kan kuier."
"Ons is gereelde besoekers en ook oudinwoners van Mosselbaai en het dit, soos altyd, weereens baie geniet daar. Die dorp is netjies en skoon en daar is so baie dinge om te sien en doen en puik eetplekke en die natuurskoon is pragtig."
"Mosselbaai is pragtig en daar is baie om te doen en sien. Sal beslis die Zipline aanbeveel en ook die Blaize hiking trail."
"We were passing through and visiting family, by all accounts clean and efficient, great views from where we stayed. "
"Mosselbaai is aangenaam. Ons het, ten spyte van die verblyf wat slegs bietjie meer gebied het as 'n kampterrein, 'n heerlike vakansie gehad in Mosselbaai - daar is lieflike toeriste-aantreklikhede en dis baie rustig buite seisoen."