Verified Reviews
Mossel Bay
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Mossel Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 3240 reviews.
"So baie om te sien en te doen! Ons het elke keer 'n lysie goed waarby ons probeer uitkom en ons kom nooit by alles uit nie!"
"Mooiste plek in hele wêreld! Veilige, skoon swemstrande. So baie om te doen in Mosselbaai vir oud en jonk."
"Mosselbaai is 'n pragtige vakansie plek. Nog skulpe op die strande en skoon omgewing. Vriendelike mense."
"Mosselbaai is baie netjies en skoon en het beslis een van die beste munisipaliteite in die land. Strande is pragtig. Ek love die antieke winkels natuurlik ook. Mosselbaai is my gunsteling vakansiebestemming."
"Mosselbaai is nie verniet die nommer-een-munisipaliteit in die land nie. Met eerste oog opslag is dit duidelik. Alles werk. Alles is skoon. Daar is geen slaggate nie. Strande en openbare geriewe word behoorlik instand gehou en is skoon. Die verskeidenheid van toerisme aantreklikhede oortref ander plekke in Tuinroete. Mosselbaai is hoogste op my lys as dit by toeristebestemmings in SA kom."
"Stukkie hemel op aarde. Wens ons ander munisipaleteite kan dieselfde dienste lewer. Infrastruktuur is puik en in werkende toestand. Besigheidsentrums is ook in puik toestand, alles wat jy nodig het is daar."
"Het vir baie jare as kind in Santos en Bakke saam familie gekamp. Mosselbaai was en is nog altyd 'n lekker vakansieplek. Wonderlike en vriendelike mense."
"Hartenbos en Mosselbaai word elke jaar meer en meer bekend vir vakansie en aftree en dis regtig een van die beste plekke om vakansie by te hou. Veilig vir almal ."