Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Hazyview is a good start-off point for visiting Kruger National Park. There are several supermarkets to buy all supplies you need for self-catering at the Kruger rest camps."
"Verblyf streng gesproke nie in Hazyview nie, maar tussen Witrivier en Hazyview. Afstand van Hazyview juis voordeel van verblyf aangesien Hazyview ontwikkel in 'n besige metropool met sekuriteitsrisiko's en afstand rustigheid en sekuriteit bring. "
"Marloth Park is 'n lekker rustige park waar jy kan rondry en diere besigtig. Al wat ons kan voorstel: die winkels is te duur, en goedkoper produkte sal dit die moeite werd maak as 'n gesin inkopies wil doen. Verder is almal baie vriendelik en daar is van alles beskikbaar, net te duur. "
"Marloth Park is pragtig geleë en regtig naby aan die Krokodilbrughek vir n dagbesoek aan die wildtuin en Onder Sabie tot by Krokodilbrug het baie olifante! Die mense is vriendelik en ons kon alles by die winkeltjies kry. Die enigste kritiek wat ek gehad het was LionPark maar dit moet voor die deur van Natuurbewaring gelê word, maar ter wille van besoekers aan Marloth park noem ek dit hier: Daar is amper geen wild in LionPark nie, behalwe rooibokke, koedoes en kameelperde en dan is hulle skaars. Vir 'n toegang van R85 (wat jy eers by Natuurbewaring aan die anderkant van die dorp moet gaan betaal) gaan ek eerder Kruger toe vir R140! Daar was plastiese sakke - nie die kommersiële tipe nie - maar eerder sakke wat soos voersakke gelyk het, wat in die veld naby Fanie se dam gelê het - te ver van die pad af, anders het ons dit opgetel. Ons was ook met 'n bakkie daar in, maar as ek met 'n sedanmotor gegaan het sou ek baie ongelukkig gewees het. Die paaie is baie sleg en daar was geen waarskuwing by die hek daaroor nie. Ek het ook probeer om die Wildbewaarder wie se nommer op die ingangspermit was in die hande te kry oor die plastiek, maar die nommer werk nie - gelukkig was daar nie iets meer ernstig nie. Ek sal enige dag weer Marloth Park toe gaan, maar LionPark sien ons nie weer nie!"
"Ek is bly ek het dit ondervind, maar daar is baie ander plekke by Lekkeslaap waarby ek wil uitkom. "
"Ermelo verblyf is hopeloos te duur. Waarom? Wat maak Ermelo dan soveel beter as ander dorpe in ons land?"
"Wel, indien die gemeenskap en omgewing nie baie dringend hierdie ernstige probleme gaan aanspreek nie, gaan minder en minder toeriste Sabie besoek. Ek is baie seker dat daar wel ander toeriste-akkommodasiegeriewe is wat met dieselfde probleem sit."
"Dis hartseer dat dit tans so droog is oral, maar hopelik sal ons gou reën kry. Marloth is aangenaam en lekker om net te ontspan."
"Ongelooflik baie interessanthede om te sien en te doen vir so 'n relatief klein dorpie. Daar was nie een vervelige oomblik nie."
"Winkels en van die koffiewinkels wat 5 uur op 'n Vrydag en Saterdag toemaak maak nie vir my sin nie."
"Besoek gerus die onderdorp en maak 'n draai by 'n Legende in Pelgrimsrus vir heerlike tuisgemaakte tamatiesous, kerrie-afval en soveel meer. Oom Johnny en sy gesin is altyd vriendelik en so ook hulle personeel. Die hotelpersoneel en die karwagte gaan uit hulle pad om jou tuis te laat voel en jou voertuie te beskerm. "
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Wokini Guest House & Game Farm"Bly net weg uit die middestad-area."
"Baie lekker dorp en ek sal beslis weer terugkom. Die fietsrywedstryd was baie goed georganiseerd en het glad verloop."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Panorama Guest Farm"Baie beter vandat die hoofweg klaar is en die paaie opgradeer is vandat ek 5 jaar laas daar was. "
"An interesting place for birders and historians. A very pleasant old world feeling."
"Sonheuwel is naby aan alles wat mens moontlik benodig: winkels, skole, besighede en maklike groot paaie."
"Machadodorp het ongelooflike potensiaal. Die huise en kerke is baie mooi, maar die stand van paaie en skoonheid is die dorp se ondergang. "
"Net die ontsettende droogte - maar daaraan kan ons as mense niks doen nie!"