Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Even though the town seems run down from when I was there 10 years ago, it still has that small town feeling which we still enjoyed as a holiday destination away from the busy city."
"Rustige dorp met lekker eetplekke. Het die ou Hotel se voorgeregte geniet en Mayfly Restaurant se kos en diens was baie goed."
"Ons hou van Marloth. Dis nou baie droog en ons het minder diere gesien as in die verlede. Dis heerlik naby die wildtuin vir besoeke."
"Hazyview is an awesome town and we have fallen in love with the destination. The weather is great and there is plenty to do for everyone. Do yourself a favor and visit."
"Indien jy nie weet wat beteken "tranquillity" nie kom dan Kaapsehoop toe om die antwoord te kry."
"Ons geniet Dullstroom omdat dit slegs 2 ure van Pretoria af is en dit is 'n lekker wegbreek nie te ver van die huis af nie. "
"Indien jy by 'n selfsorgeenheid tuisgaan, sorg dat jy alles koop wat jy nodig het voor jy in Wakkerstroom is. Volksrust is 24 km van daar af. Meeste van die winkeltjies is nie elke dag oop nie en dit is werklik 'n baie klein dorpie. Die dorpie is beslis 'n besoek werd en die mense is baie gasvry en vriendelik!"
"Dis beslis 'n moet vir enige een wat graag die klein en rustige plekkies van ons land wil verken."
"Pragtige, bekoorlike, ouwêreldse dorpie wat beslis weer en weer besoek kan word."
"Ongelooflike plek! Lekker om so naby die natuur te wees, om te kan gaan stap en so naby die diere te kan kom. As jy nog nooit in Marloth was nie, maak 'n plan. Dit is 'n stukkie hemel op aarde."
"Marloth Park is 'n ideale plek om te bly. Rustig en vol wilde diere. Enigste probleem vir ons was dat die winkels vroeg toemaak en nie altyd voorraad het van sekere items nie. "
"Bietjie duur vir Suid-Afrikaners. Ingerig as 'n buitelander-toeristebestemming, maar nogtans baie lekker om tyd daar te spandeer."
"Die toestand van die dorp het ons geskok. Vullis het oral rondgelê, selfs tussen die wooneenhede in die bosse."
"Dullstroom is 'n lieflike toeristedorpie met 'n atmosfeer en bekoring van sy eie, maar is absoluut buitensporig met die prys van alles wat te koop aangebied word."
"Met al die oorsese gaste raak Sabie bietjie duur en baie besig vir ons local SA burgers. Jy moet nou vir alles ingang betaal: Mac Mac Falls, Mac Mac Pools, God's Window, etc."