Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Die grasgroen grasvlaktes van die omgewing is vir 'n Vrystater 'n lus vir die oog!"
Kruger National Park South, Mpumalanga
Crocodile Bridge Safari Lodge"Ek glo dit is 'n natuurliefhebber se paradys."
"Wonderlike munisipaliteit met vriendelike inwoners (mense en diere). Dis ons derde besoek aan Marloth en nog vele wat voorlê! Maak seker julle besoek die Boskombuis tuisnywerheid - baie vriendelik en het die heerlikste melktert in SA!"
"Witrivier is baie sentraal en is naby baie besienswaardighede. Daguitstappies van hier af in alle rigtings is moontlik."
"Ek is gaande oor Marloth Park. Die rustigheid weg van die stadsgejaag is kos vir my siel. "
"Uitmuntende ervarings opgedoen - baie aktiwiteite om te doen en plekkies om te besoek."
"Naby genoeg aan Gauteng en ver genoeg om te voel jy kom weg van die stad se gejaag."
"Wat 'n wonderlike plek vir 'n langnaweek-wegbreek, goeie kos, koue bier, heerlike atmosfeer."
"Die dorp is pragtig en rustig, alles is lekker naby en die mense is die sout van die aarde. Sal beslis weer daarna toe gaan en hierdie keer doen ons dit net vir langer. "
"Huisies is mooi onderhou en nie op mekaar nie. Die Krokodilrivier loop al langs die park en mense kan vir kms loop of ry en altyd iets by die water sien. Mense is vriendelik en vertel graag wat hulle gesien het en waar."
"Alles is veilig en baie rustig. Baie beter as wildtuin en goedkoper. Al die diere is meer in Marlothpark en lyk lekker vetter."
"In my opinie is Hazyview die mees sentrale ligging vir al die Mpumalanga toerismebestemmings: Hoedspruit Endangered Species Centre; Sudwala grotte; Krugerwildtuin; God's Window; watervalle; Nelspruit botaniese tuine; Witrivier kunswinkels; Blyderivier; en selfs Swaziland of Mosambiek as volgende bestemming. Die toegang na en van die Krugerwildtuin deur of die Phabeni, of die Kruger-hekke is naby en maklik. "