Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Die Safari is definitief aan te beveel. By bespreking is ons meegedeel dat daar net 1 dag is waar ons die safari kan doen en kon ek vooraf bespreek. Die gids was baie bekwaam en het baie moeite gedoen om soveel moontlik vir ons te wys."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
LoerieRoepEstate"Heerlik... klimaat fantasties en naby baie besienswaardige plekke."
"Het huis was niet zo heel duidelijk aangegeven vanaf Olifant road. Wellicht een lichtje zou al helpen! Verder fantastisch om alle wilde dieren rond te zien lopen en mooie uitkijkpunten richting het Kruger (waar we veel hebben gespot)."
"Pragtige omgewing en lekker om so langs die rivier af te ry vir ons oues wat nie maklik loop nie."
"Marloth is 'n fantastiese ervaring, 'n stukkie hemel op aarde met die diere wat om jou is. Die mense wat daar woon en werk is almal ook vriendelik wat die ervaring baie lekker maak. My enigste bekommernis is oor die diere wat nou verwyder word en die vlakvarke wat geskiet word, gaan hulle nog diere oorlos in die park want as hulle alles gaan verwyder sal Marloth definitief sy aantrekking verloor!"
"Ons het die dorpie en sy mense terdeë geniet. Lekker kuierplekke en oral was ons soos ou kennise ontvang. Die Dullstroom Inn se oxtail is 'n moet vir almal. "
"Hazyview is in 'n baie mooi streek van ons land. Die omgewing het lekker weer die hele jaar deur. Die Krugerwildtuin is nabygelee. Die riviere maak dit ook rustig om net te rus. Hierdie redes is vir ons 'n aantrekkingskrag."
"Graskop is lekker sentraal geleë en dus ideal vir 'n besoek aan die gewilde plekke in die area."
"Nie regtig van die dorp iets gesien nie, net daar geslaap op pad Cape Vidal toe."
"Wonderlike plek. Groot verskeidenheid van diere. Ongelukkig net verskriklik baie mense wat daar rondloop deur die dag wat duidelik nie daar woon nie. Ashoop ook 'n sleg oog."
"Altyd lekker om daar te kuier. Uiteindelik ook ordentlike koffie beskikbaar by Pickles and Things."
"Gaan reeds baie jare soontoe. Beste plek om te ontspan in die natuur en tussen die diere."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
LoerieRoepEstate"A good travel destination, with cheap entry fees to most of its facilities."
"Die baie bome is vir ons Hoëvelders ongelooflik mooi. Dorp is skoon en mense baie vriendelik. Klimaat is ook lekker. Baie besienswaardighede om te sien in die omgewing. Padwerke via Lydenburg (Mashishing) was baie ontwrigtend en bevel aan om eerder via Nelspruit te ry."
"Sabie het ongelooflike mooi natuurskoon. Alles lekker naby mekaar. Mens kan by een basis bly en baie verskillende plekke besoek."
"Daar is baie eetplekke (en 'n verskeidenheid) in Hazyview en is baie sentraal geleë - naby Sabie, Graskop, Pelgrimsrus en Nelspruit. "