Verified Reviews
Namaqualand
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Namaqualand
Rated 4.3 out of 5 based on 1373 reviews.
"Die Tauren Steakhouse in Springbok se kos is van Topgehalte. Definitief 'n restaurant waarna ons sal teruggaan en hoef nie 'n tree terug te staan vir die Kaapse Steakhouses nie."
"Springbok is 'n pragtige dorpie in die Noord-Kaap wat ons beslis sal aanbeveel."
"Kan nie eintlik kommentaar lewer oor Springbok nie aangesien dit nie ons doel was om Springbok te "explore" nie, maar dit is 'n tipiese plattelandse dorp met baie bedrywighede in die sake area op 'n Saterdag. "
"Mc Dougallsbaai het bietjie teleurgestel. Veiligheid/diefstal is 'n probleem. Baie huisies in haglike toestand, gee nie 'n goeie indruk nie. Baie glas skerwe op die strand."
"My eerste keer in die Springbok en wat ek ervaar het is dat dis 'n baie mooi plek is en die mense is ongelooflik vriendelik."
"Die Spar op Springbok is 'n stop wat jy nie kan mis nie. Hierdie winkel het 'n baie hoë standaard. Die wegneemetes is van uitstaande gehalte en dan maak hul nog pizzas in 'n pizza-oond. Die roomys wat daar te koop is, gaan jy nêrens anders in Suid-Afrika kry nie. "
"Dis 'n mooi dorp. Moontlik kan aktiwiteite meer bemark word, ek was nie bewus van vele besienswaardighede of aktiwiteite wat ons met die oog af kon sien nie en ons is altyd op die uitkyk hiervoor. "
"'n Pragtige, skoon dorp in 'n pragtige omgewing. Benewens baie goeie hoofroetes, maak die dorp dit vir die reisiger moontlik om die sogenaamde agterpaadjies te verken, meestal grondpaaie (maar baie goed onderhou) deur verskeie passe met asembenemende vergesigte."
"Kamieskroon is 'n pragtige omgewing enige tyd van die jaar! Mense is vriendelik en behulpsaam maar daar moet meer gedoen word vir oorbly-toeriste, soos bv 'n eetplek wat in die aande oop is, al is dit net tot 20:00, of 'n klein winkel wat basiese items aanhou."
"Springbok is pragtig as dit 'n goeie jaar vir blommeprag is. Dis ook 'n goeie oornagplek vir persone en route na Namibië."
"Hier was hierdie jaar nie juis blomme nie, maar dink dit sal 'n ideale plek wees om te kom bly vir 'n naweek in blomtyd."
"Dis 'n baie mooi plekkie en die mense is baie vriendelik daar. Het dadelik tuis gevoel."
"As jy nog nooit daar was nie, moet jy 'n draai daar maak. As jy spesifiek blomme wil kyk, kan jy van hier baie plekke besoek asook 'n bietjie golf speel."
"Alles het 'n blywende indruk op ons gemaak om te koester en te onthou. Dit was die moeite werd."