Verified Reviews
Namaqualand
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Namaqualand
Rated 4.3 out of 5 based on 1373 reviews.
"Springbok is ideaal geleë vir 'n besoek aan Namakwaland. Verskeie dagritte kan gemaklik na Port Nolloth, Skilpad Natuurreservaat en ander omliggende gebiede geneem word."
"Kamieskroon is klein met beperkte fasiliteite maar is goed geleë vir die Namakwaland blomme."
"Ons het lekker eetplekkie gesoek wat nie net koek en brood bedien nie."
"Pragtige dorp wat goed geleë is, genoeg besighede vir 'n reisiger. Die Springbok Resort restaurant word hoogs aanbeveel."
"As jy hou van die buitelug en oop ruimtes; vriendelike geselskap; stilte en rustigheid; en lief is vir die natuur, is Namakwaland die ideale plek om te besoek."
"As gevolg van die droogte het ons nie blomme gesien nie, maar dit bly steeds een van ons gunsteling bestemmings."
"Springbok se hele aantreklikheid lê in sy beskikbaarheid van die blomme in die omgewing en die blomme was hoegenaamd nie sigbaar nie. Tydens blomseisoen sal 3 dae te min wees maar in die afwesigheid van blomme was 3 dae te veel vir 'n plek soos Springbok wat nie veel bied nie."
"As jy daarvan hou om unieke plekke en hul mense te verken, kom pak hier af. Luister na die vele Weskus verhale van diamante en skeepswrakke soos net hulle dit kan vertel. Daar is tale kleurvolle karakters wat legendes in hulle eie tyd geword het wat hulle stories graag met jou sal deel."
"Namakwaland se mense is baie vriendelik en as dit gereën het en daar was blomme sou dit voorvaar 'n belewenis gewees het."
"Dit is die derde keer wat ek in Springbok kom om blomme te kyk, maar weereens baie teleurgesteld omdat 2017 géén blomme gehad het nie weens die geweldige droogte. Die Goegap Natuurreservaat is werklik 'n besoek werd, droogte en al en het pensionaris-afslag. Kan my indink hoe pragtig die berge sal wees met 'n blommeprag wanneer daar voldoende reën geval het. Die paaie na die Skilpad Natuurreservaat word glad nie in stand gehou nie wat 'n groot jammerte is. "
"Namakwaland se mense is altyd vriendelik. Ons het heerlik geëet in die Springbok Lodge. As mens rustigheid soek, is Namakwaland 'n uitstekende opsie vir 'n wegbreek."
"Daar was nie baie tyd om Springbok te verken nie. Die dele wat ons gesien het was pragtig. Die omgewing is baie netjies en skoon. "