Verified Reviews
North Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in North Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 1974 reviews.
"Baie lekker weer en area om maklik vir drie weke weg te breek. Baie om te sien en doen. Cape Vidal is net 'n klipgooi ver, asook iSimangaliso."
"They must add transport for those from town like Uber or Taxify."
"Beautiful town with a clean coastline. Awesome nature surroundings and mostly friendly people. Will definitely visit Ballito in the future."
"Ons geniet Ballito ten volle elke keer as ons daarheen gaan met vakansie."
"Hulle mark is meer gemik op oorsese toeriste. Party van die pryse is bietjie oordadig. Cape Vidal en iSimangaliso park is 'n lekker uitstappie. "
"Baie rustig, plekkie om te kuier en gesellig saam vriende en familie te verkeer."
"Dis 'n lekker stil plekkie, maar daar is heelwat om te doen, die eetplekke is baie lekker, veral vir mense wat hulle eie ding wil doen of visvang."
"Lieflike restaurante met heerlike kos te kies en te keur. Kan beslis Ryan's Kitchen aanbeveel."
"The environment and the resort on its own is world class and it is definitely the place to stay at."
"Dit hang af van wat n mens of gesin wil doen. Ek werk in Wes-Afrika al vir drie maande en as ek bietjie huis toe te kom wil ek so rustige see-uitsig en private plekkie hê om te geniet. Lekker eetplekke is orals, net somer om elke hoek."
"Ons is ou besoekers aan St Lucia. Hoe lank gaan die monding nog toe wees? Elke jaar sien mens hoe die ekosisteem agteruitgaan vandat die sand nie meer uit die monding gepomp word na Demoina se skade in 1984 nie. As mens na oorde binne in die Isimangelo weiland soos Sobhengu, ens. gaan kan mens sien die meer het so laag gesak dat daar 'n groot probleem sluimer. Daar is nie meer vir die toeris vis te vang nie. Daar is wel skelm nette in die meer. Grunters word daagliks op groot skaal gemeet en aan verskaffers in Durban, ens. verkoop. Ek dink regtig die monding moet weer meganies oopgehou word om die sisteem in die meer te red en die visse ens te laat inkom en uitgaan soos dit was."
"Ballito self het al die nodige fasiliteite, maar die strand self was nie vir my geskik vir swem nie. Ek moet ook erken dat die weer heel moontlik 'n rol daarin kon speel, maar met die hoeveelheid rotse is die kanse tot besering baie groter. Daar is genoeg sitplekkies op die boardwalk om die "view" te aanskou en vir die ouer mense wat net wil ontspan. "