Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 9684 reviews.
"Die dorp het ongelukkig n bietjie agteruit gegaan. Doen moeite om by die vriendelike vrou by die visfabriek vars snoek te koop. Beste snoek nog ooit. Ek sal weer Port Nolloth besoek."
"Die watervalle is prentjiemooi. 'n Roete vanaf die Weskus na Limpopo wat ons kan aanbeveel."
"Daar was nie veel in Britstown nie, maar dit wat ons gesien het was aangenaam. Die mense daar is almal baie vriendelik. Ons het by Tanskaroo Country Lodge gaan eet die aand. Die heerlikste buffet was ons in 'n lang tyd gehad het - 'n moet stop as jy in Britstown is. Die diens daar was uit die boonste rakke."
"Pragtige en rustige Karoo dorpie, ideaal vir mense wat wat van stilte en rustigheid hou."
"We used Colesberg as a stopover so did not have a chance to explore the town more."
"Definitief nie baie geskik vir oorslaap op 'n Sondagnag nie. Die dorp gaan letterlik dood en eetplekke is deur die bank toe. Die enigste eetplek wat ons kon vind was baie teleurstellend - al die wyn op die spyskaart was uitverkoop en so ook karoo tjops!"
"'n Baie interessante dorp met baie potensiaal. Museum was baie interessant met 'n vriendelike ontvangs en die boekehuise is 'n moet. Ons was verbaas oor die goeie supermark en wat alles daar beskikbaar is."
Mc Dougalls Bay, Northern Cape
Peaceful Place"McDougallsbaai is naby genoeg aan Port Nolloth waar alles beskikbaar is. Hierdie is 'n baie rustige deel van ons pragtige land en die mense is baie vriendelik."
"As jy daar gaan besoek aflê en nog nie by Riemvasmaak was nie, gaan gerus as jy 'n voertuig het wat daardie pad kan aandurf. "