Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 9684 reviews.
Mc Dougalls Bay, Northern Cape
Dougall's Rest Self-Catering Accommodation"Dis 'n pragtige plekkie, sou graag weer daar wil gaan vakansie hou."
"Baie dankie vir uitstekende verblyf in Kathu. Sal definitief weer daarvan gebruik maak. Gasvrou en gasheer was baie vriendelik en behulpsaam."
"Carnarvon self het nie genoeg om te doen nie. Die plaas het vir my meer gehad, en die boere van die hoofplaas het meer om te doen beskikbaar as Carnarvon. Die museum en sy mensies was baie vriendelik en vol inligting en geskiedenis. Dit is mooi gedoen. Lekker geëet by Mams Foods Restaurant. Die ander eetplekke was toe, maar ek glo daar is planne vir Carnarvon. Ek het darem familiegeskiedenis in Carnarvon, so dit het trippies na Carnarvon interessant gemaak."
"Ons het Calvinia ervaar as 'n baie toeriste-vriendelike dorp. Een ding wat ons gemis het, was 'n eetplek (behalwe die hotel) wat voor 18:30 in die aand oop was. Dalk was daar, maar ons kon dit nie opspoor nie. Die Akkerdenboom Natuurreservaat is 'n groot pluspunt vir die dorp. Dankie aan Talita by die Vetplantkwekery wat ons daarvan vertel het. Dit was een van die groot hoogtepunte van ons vakansie."
"Het heerlike by die Plattelander restaurant geëet. Heerlike plekkie met goeie diens en 'n lekker atmosfeer."
Mc Dougalls Bay, Northern Cape
Peaceful Place"Die enigste ding wat my afsit is die wind wat gedurig waai. So onplesierig mens kan nie eens buite braai nie."
"Vir ons eerste reis per motor, sal ons volgende keer definitief dit 'n vasgestelde pitstop maak by Colesberg."
"It is up and coming and full of wonderful warm hearted South Africans with culture. Love the food and shops and beds too - tried many guesthouses there and they are great."
"Niks gaan aan in die dorp maar as 'n halfpad oornagstop tussen Johannesburg en Kaapstad is dit ideaal."
"Ons was aangenaam verras deur Kathu. Dit is 'n vooruitstrewende dorp met netjiese strate and winkels - selfs 'n winkelsentrum of twee. Daar is ook 'n paar goeie restaurante en koffiewinkels."
"Ons is geraak deur die effek van die droogte op die dorp. Andersins is dit 'n aangename dorp met interessante historiese geboue."
" Sou langer wou bly om meer van geskiedenis, ens. te leer. Meer blomme te sien. Meer plekke te besoek. Tyd was beperk."
"'n Goeie dorp om halfpad tussen Johannesburg en Port Elizabeth te stop. Die winkeltjie, Gossip, in die hoofstraat, het ook baie oulike goed om te koop."