Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 9684 reviews.
"Dit is 'n halfweg-huis tussen vakansiebestemming en jou huis. Die historiese geboue wat gerestoreer word fasineer my baie. Ons het deur die strate gery en gestap en met die kersie op die koek 'n heerlike ete om die aand af te sluit."
"Unfortunately the town was a disappointment. The streets were strewn with litter, the cemetery especially is a disgrace with some graves having been vandalized and others having sunk into sinkholes, most buildings are not being maintained properly and there is very little to do in the form of entertainment. The extreme drought and heat add to an air of shabbiness. Some of the residents we spoke to were however, very friendly and colourful characters. It is such a pity to witness the decline of this small town but hats off to a few individuals who are doing their best to bring about improvements."
"Oulike Karoo-dorp. Reisigers moet meer afdraai, indraai en sodoende iets van die Karoo leefstyl ervaar."
"Die dorpie het my verwagtinge oortref. Die baie water, groen grasperke en mooi tuine is vir ons Kaapenaars waar daar 'n tekort is aan water 'n vreemde verskynsel. Die inwoners van Douglas se besorgdheid en betrokkenheid by mense wat die dorp besoek is die groot bonus."
"Ons het die Augrabiese-watervalle gaan besigtig net 'n jammerte dat die Oranjerivier kelders deur Desembermaande nie op Sondae oop is nie. Die pinkpadstal het dit opgemaak baie vriendelike ontvangs gehad waar ons het lekker wafels en roomys geëet het."
"Onaangename grondpad en 'n afstand Hondeklipbaai toe. Goeie veilige bestemming vir 'n vakansie."
"Kakamas is teen die Oranjerivier geleë wat dit aantreklik maak. Die stalletjies, algemene handelaars en eetplekke is gerat vir reisegers en vakansiegangers. Soos met die meeste dorpe is die munisipaliteit onbeholpe en word die finansies swak aangewend. Die dorp lyk verwaarloos."
"Hanover is goed geleë vir 'n reisiger vanaf Gauteng. Dit 'n ideale oornag stop van Gauteng na Kaap."