Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 9684 reviews.
"Ons doel was nie om Griekwastad te besoek nie, maar ek dink as mens 'n paar dae kan oorbly sal dit lekker wees. Daar behoort mooi staproetes te wees en die landbou langs die rivier lyk baie mooi."
"Dis 'n pragtige dorpie. Baie stil en rustig. Selfs op pad terug is ons deur die dag deur die strate en alles was rustig, soos die Karoo. "
"Baie oulike dorpie met baie oornag, asook eetplekke. Heerlik geëet by die Plattelander."
"Weet regtig nie wat Victoria-Wes aanbied nie. Dit was vir my net 'n oornagpunt."
"Mense was vriendelik. Ons het heerlik geëet by die Merino Restaurant."
"Die omgewing is pragtig en 'n besoek aan die Augrabies Waterval is 'n belewenis!"
"Britstown is baie klein. Vir die wat 'n klein dorpie ervaring wil hê is dit goed. Ons gebruik Britstown net as 'n half merk na ons volgende bestemming. Het nie veel ervaring van die dorp self nie. "
"Baie mooi omgewing, daar was vanjaar geen blomme nie gegewe die droogte, maar die omliggende berge is pragtig en daar is heelwat besienswaardighede."
"Op die R359 (mooi grondpad) het ons besoek afgelê by Koms kokerboomkwekery wat 'n baie interessante ervaring was. Ons het op daardie pad besonder baie kokerbome gesien en pragtige natuurskoon."
Mc Dougalls Bay, Northern Cape
SeaSide Self-Catering"Mc Dougallsbaai het bietjie teleurgestel. Veiligheid/diefstal is 'n probleem. Baie huisies in haglike toestand, gee nie 'n goeie indruk nie. Baie glas skerwe op die strand."
"Die ideale, skoon, stil, Afrikaanse dorpie om 'n reis van die Kaap na Gauteng met gemak te halveer."
"Ek sal dit nie as `n vakansiebestemming aanbeveel nie, maar dit is heerlik vir `n dag of twee, met klein Restaurantjies wat laat oop is en heerlike kos bedien, geleë tussen mooi bergkoppe en baie verblyf om van te kies. Dis ideaal vir `n oornag as jy op pad is Kaap toe, of van die Kaap af "Transvaal" toe."
"The one saving grace is that we had dinner at a wonderful little restaurant called Inni Kraal. What an amazing place, the food was very good and good value for money. The owners were lovely to. This restaurant is highly recommended."