Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 9684 reviews.
"Apollo Teater iets besonders. Merino restaurant en Ka'Roux restaurant baie lekker."
"Tranquil little town ideal for relaxation. Advisable to pack plenty of food and snacks. Few restaurants in the area."
"Upington is een van ons gunsteling dorpe. Ons bly gewoonlik net oor vir 'n aand of 2 oor op pad elders, maar dit bly 'n gunsteling oorslaapplek. Die dorp is gewoonlik so mooi skoon en netjies, met lekker restaurante, soos Red Ox is 'n gunsteling, en ons geniet altyd die Oranje Rivier Kelders se proekamers in die dorp self ook. Verder is daar 'n wye spektrum akkommodasie van baie bekostigbaar tot luuks, en daar is 'n groot verskeidenheid winkels, asook 'n hospitaal indien dit sou nodig wees."
"Klein dorpie met die mees aktiewe polisiediens. Nog nooit soveel patrollies gesien nie. Strate stil. Pragtige kerkgebou. Heelike pizzas."
"Colesberg is goed geleë as oornag bestemming vir reisigers tussen Gauteng en die Kaap. Die dorp, soos meeste ander in Suid-Afrika het duidelik uitdagings in terme van instandhouding van infrastruktuur, maar dis duidelik dat die inwoners hulle bes probeer om die dorp skoon en netjies te hou. Die dorp het 'n verskeidenheid restaurante, wat nogal verbasend is vir 'n plattelandse bestemming. Ons aandete was voortreflik - naby ons gastehuis geleë, billik geprys en baie goeie kwaliteit kos en antmosfeer. Wel gedaan, Colesberg."
"Die dorp toon tekens van vernuwing, maar die strate is vuil en onversorg. Ek glo wel Covid het hier 'n baie erge effek gehad en hoop dat dit mettertyd weer sal verbeter. Ons kuier graag op klein dorpies en glo dat ons so 'n bydrae lewer tot die heropbou van gemeenskappe. Ons beste wense vir Hopetown se gemeenskap."
"Dit is iets anders om te beleef. Die rotse, klippe en unieke koppies. Die mense warm, maar reguit gees."