Verified Reviews
Onrus
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Onrus
Rated 4.8 out of 5 based on 146 reviews.
"Genoegsame afstand van die gewoel van Hermanus middedorp met gerieflike geriewe binne loopafstand."
"My most favourite destination for a beach holiday since I was very young. Love being close to Hermanus and Hemel en Aarde valley."
"Rustigheid van 'n klein dorpie, maar naby genoeg aan die geriewe en voordele wat Hermanus bied."
"Onrus het alle produkte - vars of wat ook al nodig is. Die plaaslike apteek langs OK was besonder vriendelik en behulpsaam en is uitstekend toegerus."
"Naby Hermanus, maar effe uit die harwar uit. Goeie bestemming. Onrusstrand is ook op standaard."
"Aangenaam verras oor die mooi woonbuurt. Maklike toegang tot die see/stapgeleentheid, restaurante, winkels, ens."
"Onrus is pragtige dorpie as jy lus is vir rustig wees en uit besige stad wil kom. Die Wynroete ook 'n goeie idee om te besigtig. En Hermanuspietersfontein is lekker om te besoek en is op 'n Saterdag oop."
"'n Plek van rus. Onrus het nogtans alles wat mens kan verlang: restaurante, wandelpaaie, die see en walvisse, 'n pragtige strand, 'n meer vol voëls, bome en berge en 'n rivier. En Ayrshire melk van 'n plaaslike winkel."
"Onrus is 'n netjiese dorpie wat almal laat tuis voel. Alles is netjies en stapafstand. "
"Pragtige, rustige plek met baie vriendelike mense en pragtige strande."