Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Absolutely love Greyton. The perfect countryside getaway for nature lovers as well as art lovers. Horses roam freely and the nature reserve has beautiful hikes for the unfit and the super fit. Many restaurants and coffee shops which is great if you want a mix of self-catering and also be able to enjoy a dinner or lunch out without having to drive a great distance. We happened to be there during the art weekend - this was a wonderful experience."
"Hermanus is besig maar altyd lekker. Onrus is 'n spesiale plek en rustiger verblyf as Hermanus self."
"Swellendam is beeldskoon en rustig met lekker restaurante en koffiewinkels om te besoek."
"The place to stay when you are looking for beautiful nature and fynbos, close walking distance to the sea in a quiet surrounding, where the majestic mountains and the sea are your best company!"
"Dit is en bly 'n baie lekker plek om vakansie en naweek te hou. Ons ken dit baie goed en kuier al 30 jaar in Hermanus."
"Hermanus is altyd die plek vir my om bietjie weg te breek van die stand en sy gevoel. Geniet dit om daar te wees."
"Pragtige groen dorpie met 'n unieke, eie bekoorlikheid. Vriendelike mense en sakeomgewing, besonders."
"Op Vrydae en Saterdae sal jy markte raakloop - self so naby as by Baardskeerdersbos."
"Baie rustige dorpie as jy wil wegbreek met al die nodige winkels en dit is alles baie naby."
"Gansbaai het nie veel om te bied vir naweek gangers in die sin van iets om te doen in die tyd wat ons daar was nie. Eetplekke kan regtig opgegradeer word. Gansbaaiers moet asb. nie dink dat as hul "outsiders" sien dat ons ewe skielik 'n arm en been moet betaal vir 'n normale ete nie. Ons "outsiders" kuier by baie meer plekke as net in Gansbaai en is baie meer gewoond as wat hulle van ons dink. Een van die eetplekke het regtig erg geruik (na sweet) en ons het maar elders 'n eetplek gaan soek wat maklik die rekening opskuif na R390 vir 2 burgers en n 2 drankies. Spur sal my nie eens soveel vra vir 'n "Mansize" rib nie. Gansbaaiers moet asb. seker maak dat as hul iets op die spyskaart aanbied dat dit wel beskikbaar is. Ons het Sondagoggend by Ou Meul op Stanford gaan eet met die terugkeer en ek sal dit eerder aanbeveel as 'n goeie eetplek. Gansbaai is vir my meer 'n vakansiedorp met gevestigde huise van "outsiders" wat daar vakansiehuise het of ouerige mense wat afgetree is. 'n Dorp moet vir jou iets bied om te doen as jy die dag die dorp wil explore, bietjie rondloop en die mooi goed sien. Gansbaai bied dit nie vir my nie. Ongeag bogenoemde sal ek enige tyd weer terugkeer na Gansbaai vir 'n naweek of 'n week, maar ek sal my voorberei vir dit wat ek wil doen om my besig te hou en te vermaak."
"Pragtige dorp met die mooiste kerk. Besoek gerus die museum. Dorp het heerlike eetplekke, probeer gerus Republiek van Swellendam."