Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Betty's Bay is where you go to relax and unwind. The beach was not very busy, it was clean and very family-friendly with soft, beach sand. We could relax here after the buzz of a busy work week. Limited places to eat that we could find, but the Tides restaurant had great food."
"Dit is 'n lekker klein dorp om 'n paar dae in deur te bring. Mens kan al die omliggende besienswaardighede besoek, om nie eens te praat van die baie interessante, antieke snuffelwinkels nie. Ek beveel enige toeris aan om Stanford nie mis te loop nie!"
"Die feit dat Arniston nie 'n supermark het nie, maak dit nog uniek en glad nie kommersieel nie. Hou dit so!"
"The ferry across the Breede River was a funny experience for us. All the roads are gravel roads and you must expect to get dusty. "
"Daar is ongelukkig in die dorp self nie baie om te doen nie, maar 'n mens is nie ver van Gansbaai af nie waar daar meer aktiwiteite is."
"Kleinmond, you never disappoint. From the scenery to the locals and the shop assistants, are all fantastic!"
"Hermanus is 'n pragtige klein dorpie met heerlike wynroetes naby. Ons het dit regtig baie geniet!"
"Pragtig en rustig, onthou net restaurante maak nog smiddae toe en eers weer 18:00 oop. Heerlike biere by Old Mill geproe."
"Greyton is n skilderagtige dorpie met welige tuine waar rankrosies wild die wêreld versier. Dit is hoofsaaklik 'n kuns dorpie so as jy van skilder, beeldhou werk, craft bier, en geurige en keurige kos dan is dit perfek vir jou. 'n Ware toevlugsoord uit die gewoel van jou elke dagse bestaan. Dis baie landelik en niks snaaks as loslopende perde heel rustig in die hoofstraat afstap of as 'n perdekarretjie klop-klop verby draf op pad na iewers of êrens. Die mense koester nog kind en dier en is in harmonie met die natuur om hul. As jy in die berg wil gaan stap of 'n rustige koppie koffie wil geniet, gaan spandeer tyd in Greyton."
"Die alles-in-een stukkie hemel teen die kus net 90 min se ry vanaf Kaapstad!"
"Ek sal definitief stop by die padstalle (veral Houwhoek vir sy lekker pasteie en Dassiesfontein). Ons was by Cornellskop wat baie naby is vir 'n ongelooflike toer om hulle wilde diere te sien - die beste ervaring! "
"Natuurliefhebbers sal die natuurskoon waardeer, weg van die gedruis van die stad. Lekker visvangspots soos Mudlark en Kabeljou bank so 10 minute weg. Bring alle kosgoed saam. Kleinhandelaar in Malgas so halfuur voor Infanta vir melk en brood aankope en ook petrol en diesel. Daar is ook n kleinhandelaar nader aan Infanta wat so 'n paar uur per dag oop is. Doen gerus jul groot aankope in die groot dorpe. Jy benodig 'n lekker bakkie vir die gruispad. Moenie haastig wees nie en bid dat die grondpad nie eindig nie, anders gaan jy nie die reis geniet nie. Go with the flow. Life begins where the tar ends. "